Die Morning Live-aanbieder Vuyo Mbuli (46) het gesterf nadat hy Saterdagaand by die Vrystaat-stadion by die kragmeting tussen die Cheetahs en die Reds flou geword het.
Mbuli is op die toneel behandel voor hy na die Mediclinic Bloemfontein geneem is.
Die 46-jarige Mbuli het in die hospitaal gesterf.
Mbuli het sy TV-buiging in 1993 gemaak.
