Twitch

Robert Fridjhon se nuwe komedie, Twitch, oor twee paartjies in ‘n voëlskuiling, begin 12 Junie by Montecasino.

Die paartjies is in ‘n voëlskuiling in die Kruger Nasionale Park as deel van ‘n voëlkykkompetisie. Die eerste prys is ‘n naweek in Mala-Mala, die tweede prys ‘n verkyker. Hoewel dié span daar is vir die Uil-toekenning. Dinge begin egter ongemaklik raak wanneer geheime van die voëlklub begin uitlek, veral die geheime van die vier.

Met: Michael Richard, Louise Saint-Claire, Bronwyn Gottwald en Russel Savadier
Regisseurs: Steven Read en Charmaine Weir-Smith
Ontwerp: Greg King
Beligting: Tina le Roux
Vervaardigers: Pieter Toerien en KickstArt

Twitch is tot 14 Julie by die Montecasino Teater, Fourways en Johannesburg. Kaartjies wissel van R100 tot R160. Bespreek by 011 511 1818

Twitch
Twitch

(foto © Suzy Bernstein)

Lewer kommentaar

Leave a Reply