Een kode na een nommer en u kan die 2010 SAGMJ Motor van die Jaar vir ‘n Jaar wen!
Die SA Gilde vir Motorjoernaliste nooi u uit om te voorspel watter een van die agt finaliste hieronder as wenner van die 2010 SAGMJ Motor van die Jaar gekroon gaan word en u kan ‘n kans staan om die Motor van die Jaar vir ‘n Jaar te wen!
Die prys sluit die volgende in:
12 maande se gebruik van die 2010 SAGMJ Motor van die Jaar.
Voorgeskrewe versiening van die voertuig (geborg deur die vervaardiger van die wenmotor).
Brandstof vir ’n gemiddelde jaar se motorry (geborg deur Total SA).
Omvattende versekeringsdekking (geborg deur Hollard Insurance).
Die enigste koste vir die wen-motoris sal die bybetalings op enige versekeringseise en verkeersoortredings in die gebruikstydperk wees.
U sal ook outomaties deel van die trekking wees vir agt gelukkige wenners om die eksklusiewe banket op 18 Maart 2010 by te woon waartydens die 2010 SAGMJ Motor van die Jaar aangekondig sal word. Alle reis-en verblyfuitgawes word gedek deur WesBank, die hoofborg van hierdie kompetisie.
Die 8 finaliste in die 2010 SAGMJ Motor van die Jaar-kompetisie is:
Alfa Romeo MiTo 1.4i Turbo Petrol
Audi Q5 2.0 T S tronic
Chevrolet Cruze 1.8 LS
Hyundai i20 1.6 GLS
Suzuki Alto 1.0 Litre GLS
Toyota Prius 1.8 ECVT Advanced
Volkswagen Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline
Volvo XC60 3.0T Geartronic
Hoe om deel te neem:
Elke finalis het ‘n unieke kode.
SMS een van die volgende kodes hieronder na 36870:
Alfa
Audi
Chev
Hyundai
Suzuki
Prius
Golf
Volvo
Ná elke SMS-stem kry die oproeper ‘n SMS van bevestiging van die inskrywing wat geregistreer is.
R5.00 per SMS.
Daar is geen perk op die aantal inskrywings wat gemaak kan word nie.
Kompetisie-reëls
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 8 Maart 2010.
1 inskrywing vir elke finalis sal getrek en per selfoon gekontak word om die SAGMJ / WesBank Motor van die Jaar-banket op 18 Maart 2010 by te woon. Alle reis-en verblyfuitgawes sal deur WesBank gedek word.
Die wenner sal by die banket op 18 Maart 2010 aangekondig word en moet by die banket wees om die prys te ontvang.
Die wenner moet die voertuig tydens ‘n funksie in Johannesburg ontvang.
Die aanbod is slegs vir aflewering in Suid-Afrika.
Die besluit van die beoordelaars is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.
Ongelukkig sal slegs Suid-Afrikaanse burgers vir die prys in aanmerking gebring word.
Geen lid van die SA Gilde vir Motor Joernaliste, of hul onmiddellike familie of lede van die borge of hul onmiddellike familie mag inskryf nie.
Die prys is nie oordraagbaar of onderhandelbaar nie.
Onderhewig aan borgvoorwaardes en ander ooreenkomste sal die prys net aan die wenner oorhandig word as die wenner ‘n geldige rybewys het en gewillig is om te teken vir die bybetaling op die omvattende versekering vir die wenmotor.
Die wenner van die kompetisie aanvaar dat sekere ander voorwaardes geldig kan wees, soos voorgeskryf deur die SA Gilde van Motorjoernaliste en/of die ander borge vir hierdie spesifieke kompetisie.
Enige oortreding of poging tot oortreding van die bogemelde regulasies sal lei tot die onmiddellike diskwalifisering van die vermeende oortreder.
Die kompetisie word aangebied en geadministreer deur die SA Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) en alle gelde wat met die SMS kompetisie ingesamel word, sal aan die Gilde se eie welsynsfonds, die SAGMJ Benevolent Fund, geskenk word.
