Aanhaling
Persoon
Wat goed uitgedruk is, behoort aan my, ongeag wie dit gesê het. Seneca
Waar die son altyd skyn, is dit woestyn. CJ Langenhoven
Wie ’n waarom het om voor te leef, kan omtrent enige hoe verdra. Friedrich Nietzsche
Wat jy ervaar het, kan geen mag ter wêreld jou ontneem nie. Onbekend
Wat my nie doodmaak nie, maak my sterker. Friedrich Nietzsche
Slegs middelmatige mense is altyd op hulle beste. Somerset Maugham
Die bloot goed ingeligte man kan die vervelendste man op aarde wees. North Whitehead
Onderwys het my oorweldig met kennis en feite wat my net ligweg geïnteresseer het. Charles Chaplin
Vroue haat revolusies en oproermakers. Hulle hou van saggeaarde mans wat hoog aangeskrewe by die bank staan en wat nie laat kom vir maaltye nie. HL Mencken
Vra jouself af of jy gelukkig is en jou geluk eindig. JS Mill
Dinge wat soet smaak, word suur by vertering. William Shakespeare
Enige individu wat daarin slaag om ander om te praat om hulle president te maak moet nie toegelaat word om die werk te doen nie. Douglas Adams
Die beste liegbek is die een wat die kleinste leuen die verste kan vat. Samuel Butler
Die lewe is ’n dieretuin in ’n oerwoud. Peter De Vries
Jy moet die bitter met die suur neem. Benjamin Franklin
Drie persone kan ’n geheim bewaar, indien twee dood is. Benjamin Franklin
Die lieftalligste ding wat ’n mens kan doen is om jou bed te deel met iemand. Michael Jackson
Jy kan nie sê die beskawing gaan nie vooruit nie, want in elke oorlog maak hulle jou op ’n nuwe manier dood. Will Rogers
Digters was die eerste ware onderwysers van die mensdom. Horatius
Slegs ’n lewe aan ander toegewy, is die moeite werd. Albert Einstein
’n Man wat goed genoeg is om sy lewe op te offer vir sy land, is daarna goed genoeg vir ’n regmatige aandeel. Niemand regverdig meer as dit nie en niemand sal minder as dit ontvang nie. Theodore Roosevelt
As jy met jouself verveeld is, trou en wees verveeld met iemand anders. David Pryce-Jones
Kommunisme is soos drankverbod; dis ’n goeie idee, maar dit kan nie werk nie. Will Rogers
As my relatiwiteitsteorie suksesvol bewys word, sal Duitsland sê ek is ’n Duitser en Frankryk sal my as ’n wêreldburger beskou. As my teorie as onwaar bewys word, sal Frankryk sê ek is ’n Duitser en Duitsland sal sê ek is ’n Jood. Albert Einstein
Onder wapens is wette stom. Cicero
Selfs donkies weet dat strooi beter is as goud. Heraklitus
My grootste berou in die lewe is dat ek nooit die swaargewig bokskampioen van die wêreld was nie. Nelson Mandela
Afrikaners is ordentlike mense wat deur hul leiers mislei is. Nelson Mandela
Jy moet iemand se wenkbroue sien om goed met hulle te kan kommunikeer. Dit is hoekom ons meer hou van honde as katte, hulle het wenkbroue. David Lee Roth
My aantrekkamer het nie eens spieëls gehad nie. Steve Hofmeyr
Roomys is voortreflik. Dit is jammer dit is nie onwettig nie. Voltaire
Net een klein gedagte is nodig om iemand se hele lewe te vul. Ludwig Wittgenstein
Dis beter om lief te hê en te verloor, as om nooit lief te hê nie. Alfred Tennyson
Een van die simptome van naderende senuwee-ineenstorting is die geloof dat ’n mens se werk uiters belangrik is. As ek ’n dokter was, sou ek ’n vakansie voorskryf aan elke pasiënt wat sy werk belangrik ag. Bertrand Russell
Wat is poësie? ’n Gevoel vir die vorige wêreld en vir die toekoms. Lord Byron
As die gejeuk van die letterkunde oor ’n man kom, help niks anders as die gekrap van ’n pen nie. Samuel Lover
As jy kaas op ’n muisval sit, laat genoeg spasie vir die muis. Saki
Ons hoor net vrae wat ons kan beantwoord. Friedrich Nietzsche
Die proses wat ons gevolg het van amoeba tot mens word as vooruitgang gesien. Wat die amoeba se opinie hieroor sou wees weet ons nie. Bertrand Russell
Wysheid het minder te doen met die afbreek van idole, maar eerder om hulle nie in die eerste plek te skep nie. Umberto Eco
Waar boeke verbrand word, word mense ook uiteindelik verbrand. Heinrich Heine
Moet nie wag vir die regte geleentheid nie, skep dit. George Bernard Shaw
Woorde is al wat ons het. Samuel Beckett
Hy maak nie vriende, wat nie vyande maak nie. Alfred Tennyson
Beleefdheid is vir die menslike natuur wat hitte vir was is. Arthur Schopenhauer
Twyfel is onaangenaam, maar sekerheid is verspot. Voltaire
Liefde word nooit gemors nie. Miguel de Cervantes
Mense reis om hulle te vergaap aan berge, die see, riviere en sterre; en hulle loop verby hulself sonder verwondering. St. Augustinus
Die pen is die tong van die verstand. Miguel de Cervantes
Opvoeding is ‘n versiering in voorspoed en ‘n toevlug in teenspoed. Aristoteles
Die meeste mense jaag plesier so uitasem na dat hulle dit verbyhardloop. Soren Kierkegaard
Afrikaans was nog altyd te veel van ’n witmanstaal. Ons het dit nog nooit gesien as ’n taal van Afrika nie. Jan Rabie
Daar is baie verkeerde dinge om te sê; en daar is baie verkeerde maniere om die regte ding te sê. CJ Langenhoven
Om ’n vriend te kry, moet ons een oog toehou. Om hom te behou, twee. Norman Douglas
Die wêreld is altyd gereed om talent met oop arms te ontvang. Baie dikwels weet dit nie wat om met genialiteit te doen nie. Oliver Wendell Holmes
Dieselfde water draai die wyse se meule wat die dwaas se grond verspoel. CJ Langenhoven
’n Fanatikus is iemand wat nie sy opinie of die onderwerp wil verander nie. Winston Churchill
Ek is nou so moeg van koek ek kan iets oorkom. Karen Meiring
Miskien is die aarde 'n ander planeet se hel. Aldous Huxley
Die mens bou te veel mure en te min brûe. Isaac Newton
Ware geluk is om jou intellek vrylik te kan gebruik. Aristoteles
Dit wat nie goed is vir die swerm nie, is nie goed vir die by nie. Marcus Aurelius
Eensaamheid is ‘n mooi saak, maar jy het iemand nodig om dit vir jou te vertel. Honoré de Balzac
Alles wat gedink kan word sal eendag realiteit wees. Jules Verne
’n Kind is nie ’n kruik wat gevul moet word nie, maar ’n vuur wat aangesteek moet word. Francois Rabelais
Stories is ons drome en drome is ons lewe. Tim Burton
Die enigste oorwinnings wat jy behaal deur te vlug is die oor vrouens. Napoleon Bonaparte
Jy hoef nie boeke te verbrand om ’n kultuur te vernietig nie, kry net mense om op te hou om hulle te lees. Ray Bradbury
’n Akteur is ’n opregte leuenaar. Albert Camus
Die aarde het ’n vel en daardie vel het ’n siekte genaamd die mens. Friedrich Nietzsche
Vrouens moet mooi wees sodat mans hulle kan bemin, en dom om mans te bemin Coco Chanel
Moet nooit meer eet as wat jy kan optel nie. Miss Piggy
Italianers verloor oorloë asof dit sokkerwedstryde is en sokkerwedstryde asof dit oorloë is. Winston Churchill
Indien jou morele waardes jou somber maak, kan jy verseker weet dis verkeerd. Robert Louis Stevenson
Om sonder sekere dinge te wees wat jy graag wil hê is ’n onontbeerlike deel van geluk. Bertrand Russell
Ons vergeet maklik van ons foute indien net ons daarvan bewus is. Francois Duc de La Rochefoucauld
Vir elke ingewikkelde probleem is daar ’n eenvoudige oplossing – wat verkeerd is. HL Mencken
Geweld is pret. Quentin Tarantino
’n Politikus dink aan die komende verkiesing, maar ’n staatsman dink aan die komende generasie. Otto von Bismarck
Elke mens het ’n taak in die lewe, en dit is nooit die een wat jy self sou kies nie. Herman Hesse
Welwillendheid is die taal wat dowes kan hoor en blindes kan sien. Mark Twain
Grappies oor dom blondines traak my nie, want ek weet ek is nie dom nie … ek is ook nie blond nie. Dolly Parton
Jy sal my nooit met ’n stofsuier sien nie, tensy hulle een maak waarop jy kan ry. Roseanne Barr
As jy iets gesê wil hê in politiek, vra vir ’n man. As jy iets gedoen wil hê vra vir ’n vrou. Margaret Thatcher
Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie. Eleanor Roosevelt
Wette is spinnerakke waardeur groot vlieë kan breek, maar waarin die kleintjies gevang word. Honoré de Balzac
Die Mafia is die beste voorbeeld van kapitalisme. Marlon Brando
Die mens is die enigste dier wat bloos – en wat nodig het om te bloos. Mark Twain
Meeste mense sterf eerder as om te dink. Bertrand Russell
Alle mans is mal. Quintus Horatius Flaccus
Niemand kan op jou rug ry nie, tensy dit gebuig is. Martin Luther King
Op soek na die goeie in ander, vind jy jou eie. Plato
Ek skilder dinge soos ek aan hulle dink, nie soos ek hulle sien nie. Pablo Picasso
Eende lê hul eiers in stilte terwyl henne soos mal goed te kere gaan. Die resultaat? Almal eet hoendereiers. Henry Ford
Die rykste man is die een met die goedkoopste plesier. Henri David Thoreau
Bier is getuie daarvan dat God ons lief het en ons geluk op die hart dra. Benjamin Franklin
Iemand wat te veel weet vind dit moeilik om nie te jok nie. Ludwig Wittgenstein
Jou gewete is die klein stemmetjie wat jou waarsku dat iemand jou dalk sien. HL Mencken
Kuns is die leuen wat ons die waarheid laat begryp. Pablo Picasso
In Hollywood betaal hulle jou duisende dollars vir ’n soen en 50 sent vir jou siel. Marilyn Monroe
Indien ’n man nie sy nek wil uitsteek vir sy mening nie dan is sy mening nutteloos of hy is nutteloos. Ezra Pound
Militêre Intelligensie is ’n kontradiksie in terme. Groucho Marx
Ons is wat ons eet. Ludwig Feuerbach
Nie almal kan spog dat hulle ’n vriend het nie. Antoine de Saint-Exupéry
Daar is niks in die intellek wat nie eers in die sintuie was nie. St. Thomas Aquinas
Von den sicheren Dingen, das Sicherste ist der Zweifel. Bertolt Brecht
Films, soos skilderye, wys die onsigbare. Jean-Luc Godard
Indien ons saamstaan is ons onoorwinlik. Simon Bolivar
Woorde is belangrik wanneer hulle min is. Lalla Romano
Wenn Ihr Euch nur selbst vertraut, vertrauen Euch die anderen Seele. Johann Wolfgang Von Goethe
Die mag van die gewoonte is groot. Cicero
Die takt van vermetelheid is om te weet hoe ver jy kan gaan. Jean Cocteau
Die kuns van wen word aangeleer deur te verloor. Simon Bolivar
Doen dom dinge, maar doen dit met entoesiasme. Sidonie-Gabrielle Colette
Ek mis borsvoeding, ek was goed daarmee. Kate Beckinsale
Wo viel Licht ist, ist auch viel Schatten. Johann Wolfgang Von Goethe
Indien jy lank genoeg lewe sal jy sien hoe elkeen van jou oorwinnings in ’n nederlaag verander. Simone de Beauvoir
Diegene wat dink jou eie taal is nie belangrik nie benodig diep psigoanalise. Joan Hambidge
Die mensdom is soos dit is; dit gaan nie daaroor om dit te probeer verander nie maar eerder om dit te leer ken. Gustave Flaubert
As God nie vrouens gemaak het nie, sou hy ook nie blomme gemaak het nie. Victor Hugo
Die enigste mooi oë is die wat met deernis na jou kyk. Coco Chanel
Die toename van wysheid kan noukeurig vasgestel word deur die afname van woede te meet. Friedrich Nietzsche
Eensaamheid is vir die siel wat kos vir die liggaam is. Lucius Annaeus Seneca
Wat jy beskou as die toppunt is slegs een stappie hoër. Lucius Annaeus Seneca
Niks, behalwe verandering, is permanent nie. Heraclitus
Kuns was die stof van die alledaagse lewe van die siel af. Pablo Picasso
Die lewe is ’n kombinasie van betowering en pasta. Frederico Fellini
Wahnsinn bei Individuen ist selten, aber in Gruppen, Nationen und Epochen die Regel. Friedrich Nietzsche
Die liefde vir die eie land weet niks van die grense van ander nie. Stanislaw Jerzy Lec
Ek weet dat poësie onontbeerlik is, maar waarvoor weet ek nie. Jean Cocteau
Dalk is die doel deesdae nie om te ontdek wie jy is nie, maar om te ontken wie jy is. Michel Foucault
Ek dink, daarom is ek. René Descartes
Aangesien ’n politikus nooit glo wat hy sê nie, is hy heel verbaas wanneer sy woorde wel ter harte geneem word. Charles De Gaulle
Oorlog is soet vir wie geen ondervinding daarvan het nie. Erasmus von Rotterdam Desiderius
Mense is meer gewillig om met iemand te simpatiseer oor ongeluk as oor geluk. Simone de Beauvoir
Omdat die lewe is wat dit is, droom ’n mens van wraak. Paul Gauguin
Afrikaans is een van Suid-Afrika se trotsste veelrassige prestasies. Jan Rabie
Dit is van die allergrootste belang dat Afrikaans ’n veelvolkige taal van Afrika moet word en nie net tot ’n enkele bevolkingsgroep beperk word nie. Elsa Joubert
Ek is Afrikaans, en dit kan niemand van my wegneem nie – ook geen Afrikaner nie. JC Steyn
Na drie verskynings op TV sê elke idioot nie net wat hyself dink nie, maar ook wat ander dink. Enzo Biagi
Historiese geboue is die sout en peper van ’n stad. Hannes Meiring
Somberheid verleen waardigheid. Euripides
Dit beteken nie altyd veel om ’n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op ’n begrafnis is ’n dooie man. CJ Langenhoven
Om dood te gaan is nie ’n kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is ’n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. CJ Langenhoven
Baie mense is reeds dood voordat hulle begin lewe. Seneca
Die bleke dood klop sonder onderskeid aan die hutte van die armes en die kastele van die konings. Horatius
’n Mens kan die son en die dood nie vol in die oë kyk nie. Francois de la Rochefoucauld
Al wat ek eendag saam met my kan vat, is dit wat ek hier op aarde weggegee het. Morkel van Tonder
Betaal ’n donkie se prys en moenie ’n perd se diens te wagte wees nie. CJ Langenhoven
Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou, met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. CJ Langenhoven
Beleefdheid is die hoedanigheid van hart wat die stukkende hekkie nie raak sien nie en die aandag vestig op die blomme in die tuin daaragter. CJ Langenhoven
Behandel jou meerdere met beleefdheid, omdat dit jou plig is, jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is. CJ Langenhoven
In die land van die blindes is eenoog koning. Desiderius Erasmus
Elke mens kan ’n fout begaan, maar net ’n gek volhard daarmee. Cicero
So lank die mens na iets strewe sal hy foute begaan. Johann Wolfgang von Goethe
Geduld, o geduld wat so baie kan dra! C Louis Leipoldt
Kuns is of plagiaat of rewolusie. Paul Gaugin
Ek wil leef soos ’n arm man met baie geld. Pablo Picasso
Die mens se ellende is as gevolg van die feit dat hulle nie alleen in ’n stil vertrek kan sit nie. Blaise Pascal
Passie maak idote van die slimste en die grootste idiote slim. Francois de La Rochefoucauld
In wyn kom die waarheid uit. Plinius
Van die verhewe tot die belaglike is maar ’n klein treetjie. Napoleon Bonaparte
Maak jou vriendelikheid goedkoop en jou vriendskap duur. CJ Langenhoven
Geseend is die vergeetagtiges; want hulle kom selfs hul flaters te bowe. Friedrich Nietzsche
Iedereen kla oor sy geheue; niemand kla oor sy oordeel nie. Francois de la Rochefoucauld
Geleerdheid is ’n versiering in voorspoed, ’n tent in teenspoed en voorsog in die ouderdom. Aristotoles
Jou kind sal sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf. CJ Langenhoven
Ons leer uit die geskiedenis dat ons nie uit die geskiedenis leer nie. Georg Hegel
As ons self volmaak was, sou ons nie soveel voldoening kon smaak oor foute wat ons by ander ondek nie. Francois de la Rochefoucauld
Daar is mense wat ek nog nooit mee rusie gemaak het nie … ek het so ’n goeie humeur. Daar is mense wat ek al baie mee rusie gemaak het … hulle het so ’n slegte. CJ Langenhoven
Sonder jou liefde is die graaf te swaar vir my en val die geil reëns van die berge sonder doel. DJ Opperman
Hoe min mense sou te veel drink as die hoofpyn in die prop was in plaas van in die boom van die bottel. CJ Langenhoven
Ek verkies die hande wat vir alles regstaan bo die tonge wat vir alles regstaan. Giseppe Garibaldi
Herinneringe is die vergaarbak en skede van alle kennis. Cicero
Hoe intiemer ek mense leer ken, hoe meer bewonder ek honde. Madame De Sevigne
Idees is soos baard: mans kry hulle nie voordat hulle volwasse is nie. Voltaire
Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur. CJ Langenhoven
In die ongeluk van ons vriende vind ons iets wat nie vir ons onaangenaam is nie. Francois de la Rochefoucauld
Eensaamheid is die lot van alle groot geeste. Arthur Schopenhauer
Wie weet, as ek met my kat speel, of sy haarself nie meer met my vermaak as ek my met haar nie. Michel de Montaige
Die keffer blaf niemand bang nie; hy blaf vir sy eie bangigheid. CJ Langenhoven
Glo die man met ervaring. Vergilius
Die lewe is soos ’n besoek aan n tandarts: jy dink altyd dat die ergste nog moet kom en intussen is dit reeds verby. Otto von Bismarck
Moenie jou kuikens tel voor hulle uitgebroei het nie. Aesop
Deur kwaad toe te smeer voed mens dit en leef dit voort. Virgilius
Suid-Afrika bestee jaarliks een miljoen rand aan verslankingspille, omdat voedsel in ons land so goedkoop is. Hendrik Schoeman
Die wêreld druk swaar op diegene wat hom dra. CJ Langenhoven
Die slim man ken al die paaie, die wyse man ken die een regte pad. CJ Langenhoven
Die verkwistige man eet die vrugte van sy lewe groen op; die inhalige laat hulle sit tot hulle vrot is. CJ Langenhoven
Dieselfde water draai die wyse se meule wat die dwaas se grond verspoel. CJ Langenhoven
As mense te veel redekawel, raak die waarheid in die proses soek. Publius Syrus
Roem is ’n plant wat meestal op grafte groei. Alfred de Musset
As ek rus, dan roes ek. Martin Luther
Dit is die roeping van elke man en vrou om ander mense te dien. Leo Tolstoi
Maak ’n punt daarvan om jouself te ken … dit is een van die moeilikste lesse wat daar te leer is. Miguel de Cervantes
Daar’s ’n slang in die gras. Virgilius
’n Toe mond vang nie vlieë nie. Miguel de Cervantes
Vroue hou van stil mans. Hulle dink hulle luister. Marcel Achard
Van al die wilde diere is ’n seun die moeilikste om te hanteer. Plato
As almal wis wat ander van hulle sê, sou daar nie vier vriende op die aarde wees nie. Blaise Pascal
Ek stem nie saam met wat jy sê nie, maar ek sal jou reg om dit te sê tot die dood toe verdedig. Voltaire
Slegs die opgevoede is waarlik vry. Epictetus
Wanneer ’n man veg, beteken dit ’n dwaas het sy argument verloor Chinese spreekwoord
Dié wat fakkels het, moet dit vir die ander aangee. Plato
Wanneer die olifante veg, ly die land daaronder. Oos-Afrikaanse spreekwoord
Die geskiedenis het getoon daar is geen onoorwinlike leërs nie. Josef Stalin
’n Vrye pers kan goed of sleg wees, maar sonder persvryheid is die pers gewis niks anders as sleg nie. Albert Camus
Soms moet ’n mens stil wees om gehoor te word. Stanislaw Lec
Moenie jou kuikens tel voor hulle gepik het nie. Aesopus
Dit is nie net mooi vere wat ’n mooi voël maak nie. Aesopus
Men vangt geen snoeken met droge broeken. Nederlandse spreekwoord
Wanneer jy ’n skool oprig, breek jy ’n tronk af. Victor Hugo
Wat jy verkondig, keur ek nie goed nie, maar ek sal jou reg om dit te verkondig tot die dood toe verdedig. Voltaire
Talent word ten beste in afsondering ontwikkel; karakter word ten beste in die stormagtige branders van die wêreld gevorm. Johann Wolfgang von Goethe
Teenspoed laat talent ontwikkel wat onder gunstige omstandighede ongebruik sou gebly het. Quintus Horatius Flaccus
Die man wat die wêreld wil versit, moet eers homself versit. Socrates
Van verhewenheid tot belaglikheid is net ’n enkel skrede. Napoleon Bonaparte
Die man wat ander ken, is slim, die man wat homself ken; is verlig. Lao-tse
Versigtigheid is die moeder van wysheid. Victor Hugo
Die verval van ’n samelewing begin met die verdowing van skaamte gevoel. CJ Langenhoven
Voorspoed bring vriende en teenspoed stel hulle op die proef. Publius Sirius
Daar kom ’n tyd wanneer die leuenaar ook ontdek dat die waarheid sy beste vriend sou wees, maar dan vind hy hy het hom vervreem. CJ Langenhoven
’n Man wat sy toevlug tot ’n leun moet neem, vind dikwels uit dat hy in ’n huis gaan skuil het wat nie ’n agterdeur het nie. CJ Langenhoven
Jy beny my blink skoene omdat jy nie weet van die liddorings wat binnein is nie. CJ Langenhoven
As ’n woord eenmaal aan die mond ontsnap het, kan dit nie weer herroep word nie. Quintus Horatius Flaccus
Die man wat die kosbaarste ware het, loop die minste daarmee te koop. Op hierdie reël is die tong geen uitsondering nie. CJ Langenhoven
Woorde wekken, voorbeelden trekken. Nederlandse spreekwoord
Hollen vaten bommen meeste. Nederlandse spreekwoord
Gedeeld geheim, verloren geheim. Nederlandse spreekwoord
Een lepelvol daad is beter dan een schefelvol raad. Nederlandse spreekwoord
’n Toe mond vang nie vlieë nie. Italiaanse spreekwoord
Leen jou ore aan iedereen wat ’n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan iedereen wat ore het nie. CJ Langenhoven
Dis moeilik om nie iemand anders se vrou se begeer nie; dié wat aan niemand behoort nie is op stuk van sake nie baie aantreklik nie. Enzo Biagi
Die arm man is nie baas van homself nie. Plato
Die grootste gebed is geduld. Boeddha
Goeie dade is die beste gebede. Serwiese spreekwoord
Niets weten is het veiligste geloof. Johan van Oldenbarnevelt
Prosedeer oor ’n baadjie en hou jou broek klaar vir die onkoste. CJ Langenhoven
Geregtigheid is die waarheid in aksie. Cicero
Niemand is ’n goeie regter in ’n saak wat homself raak nie. Romeinse spreekwoord
Moenie met ander se godsdiens spot nie. As joue soveel beter is, het jy al jou tyd nodig om dit te waardeer en te beoefen. CJ Langenhoven
Werk is die onvermydelike voorwaarde van die mens se lewe, die ware bron van menslike welsyn. Leo Tolstoi
’n Mens moet jouself altyd as half skuldig en half onskuldig beskou. Die Talmoed
Slagoffers van hulself gee altyd aan ander die skuld. Rémy Montalée
’n Vrou se voorgevoel is altyd sekerder as ’n man se weet. Henriette Grové
Waardeer jou vrou soos die appel van jou oog. Dis nie ’n geringe saak dat daar iemand is wat onderneem het om haar hele lewe met jou te verslyt nie. CJ Langenhoven
Verloof jou aan ’n meisie wat met ’n eenvoudige ring tevrede is. Na die troue sal sy nog die geaardheid hê. CJ Langenhoven
Die man wat sy eie vrou liefhet, kan maar by myne kuier. CJ Langenhoven
Vinnig trou, lang berou. Nederlandse spreekwoord
Een vrouw draagt meer uit met een lepel, als een man inbrengt met een schepel. Nederlandse spreekwoord
Half wijs, half mal, dat past der jeugd wel. Nederlandse spreekwoord
Maak dat die jeug niet ledig gaat, want niets te doen leert enkel kwaad. Nederlandse spreekwoord
Met jongen te krijg, met ouden ten raad. Nederlandse spreekwoord
Een jonge ledigganger, een oude bedelaar. Nederlandse spreekwoord
Jeug is ’n ononderbroke dronkenskap; dit is die koors van die rede. Francois de la Rochefoucauld
Net wanneer ’n mens begin besef dat sy ouers reg was, begin sy kinders hom vertel dat hy verkeerd is. Aldo Cammarota
Elke kind is ’n kunstenaar. Die probleem is hoe om ’n kunstenaar te bly sodra hy volwasse is. Pablo Picasso
Die toegewyde boer plant bome waarvan hy self nooit die vrugte sal eet nie. Cicero
Bly spaarsaam opdat jy die vermoë mag behou om vrygewend te wees. CJ Langenhoven
Dis die laaste druppeltjie wat die emmer vol maak. CJ Langenhoven
Hoe minder jy ag gee op die toekoms, hoe meer sal hy ag gee op jou. CJ Langenhoven
Dit help nie om vroeg bed toe te gaan en kerse te spaar as die gevolg ’n tweeling is nie. Vrystaatse spreekwoord
Die mens is ’n aanpasbare dier wat mettertyd aan alles gewoond raak. Fjeodor Dostojefski
Diere is sulke aangename vriende. Hulle vra nie vrae en lewer ook nie kritiek nie. George Elliot
Die enigste manier om ’n vriend te hê, is om een te wees. Ralph Waldo Emerson
My argument is dat oorlog goeie leesstof verskaf, maar vrede is oninteressant. Thomas Hardy
Ondervinding en geskiedenis leer ons dat nasies en regerings niks van geskiedenis leer nie. Georg Wilhelm Friedrich Hegel
Aanvallende leërs kan weerstaan word, maar nie aanvallende idees nie. Aldous Huxley
Feite hou nie op bestaan omdat hulle geïgnoreer word nie. Aldous Huxley
Nood maak van ’n eerlike man ’n karnallie. Daniel Defoe
As die waarheid met slegte bedoelings gepraat word, is dit skadeliker as ’n klomp liegstories. William Blake
Ek het eenvoudige smaak. Ek hou slegs van die beste. Winston Churchill
Mense vra jou vir kritiek, maar hulle verwag net lof. Somerset Maugham
Die meeste mense verkoop hulle siele en leef met ’n skoon gewete op die inkomste. Logan Pearsall Smith
Bly liewer stil en word as ’n dwaas gereken, as om te praat en alle onsekerheid uit te skakel. Abraham Lincoln
Godsdiens is die opium van die mensdom. Karl Marx
Die enigste manier om van versoeking ontslae te raak, is om daaraan toe te gee. Oscar Wilde
Die duidelikste teken van wysheid is volgehou blymoedigheid. Michel de Montaigne
Intelligente mense twyfel baie. Slegs die onnoseles is geheel en al seker. Bertrand Russel
As ’n mens die waarheid praat, word ’n mens ongetwyfeld vroeër of later uitgevind. Oscar Wilde
’n Parlement is niks anders as ’n groot vergadering van leeglêers nie. Walter Bagehot
As iets individualisme vergruis is dit despotisme, wat jy dit ook al wil noem. John Stuart Mill
Verdeel en regeer is uitstekend, maar verenig en lei is beter. Johann Wolfgang von Goethe
Mettertyd haat ons wat ons dikwels vrees. William Shakespeare
Wees gelukkig terwyl jy leef, want jy gaan lank dood wees. Skotse gesegde
Die wortels van onderwys is bitter, maar die vrugte is soet. Aristotoles
’n Akteur is ’n man wat nie luister as jy met hom praat nie. Marlon Brando
’n Mens kan nooit te skraal of te ryk wees nie. die Hertogin van Windsor
’n Mens kan slegs dinge voorspel nadat dit gebeur het. Eugène Ionesco
’n Man is nooit te slim om te weet wat kwaad is nie. CJ Langenhoven
Ek kan alles weerstaan behalwe versoeking. Oscar Wilde
Iemand wat nog nie Homer gelees het nie is soos iemand wat nog nie die see gesien het nie. Daar is ’n groot onderwerp waarvan hy geen idee het nie. Walter Bagehot
Ek is nooit verbaas as ek boosheid onder mense teëkom nie, maar ek is dikwels verbaas as ek nie skaamte onder hulle aantref nie. Jonathan Swift
Al ons talente verbeter met gebruik en ons vermoëns, goed of sleg, versterk met oefening. Anne Bronte
Ware liefde is soos spoke; almal praat daarvan, maar min het dit nog gesien. Francois de la Rochefoucauld
Ek dink nooit aan die toekoms nie. Dit kom in elk geval gou genoeg. Albert Einstein
Om te lewe is soos om lief te hê, alle rede is daarteen maar alle gesonde instinkte is daarvoor. Samuel Butler
Hoe meer ’n man hom laat gebruik, hoe minder bruikbaar is hy. CJ Langenhoven
Dis beter om alleen te wees as in swak geselskap. George Washington
Die mens is die enigste dier wat bloos en rede het daartoe. Mark Twain
Die drywer maak ’n slegte leier. CJ Langenhoven
Moenie aan ander doen wat jy wil hê hulle moet aan jou doen nie. Hulle smaak mag nie dieselfde wees nie. George Bernard Shaw
’n Siniese persoon is iemand wat die prys van alles weet en die waarde van niks nie. Oscar Wilde
Die wreedste leuens word dikwels in stilte vertel. Robert Louis Stevenson
Ek keur wat jy sê af, maar jou reg om dit te sê, sal ek tot die dood verdedig. Voltaire
Menige goeie teregstellings vermy slegte huwelike. William Shakespeare
’n Vrot vrug was eenmaal ’n pragtige bloeisel. CJ Langenhoven
Nege-tiendes van wysheid is om betyds te wees. Theodore Roosevelt
Wat natuurlik is, is nooit onwelvoeglik nie. Euripides
Dis deur ongehoorsaamheid wat vooruitgang gemaak word. Oscar Wilde
Groot dade word nie deur groot kragte teweeggebring nie, maar deur deursettingsvermoë. Samuel Johnson
Arbeid is die enigste weg na kennis. George Bernard Shaw
Ledige pyp, hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir ’n volle aan. CJ Langenhoven
Om te weet wat reg is en dit nie te doen nie, is lafhartig. Confucius
99% van mense op aarde is dwase en die res staan gevaar om aangesteek te word. Thornton Wilder
Die oues glo alles, die middeljariges wantrou alles en die jonges weet alles. Oscar Wilde
As jy aan heimwee ly, moet jy aanhou beweeg. Dis die enigste siekte wat nie rus nodig het nie. Henry de Vere Stacpole
Ek hou van mans met ’n toekoms en vroue met ’n verlede. Oscar Wilde
Niemand is roekeloos as hulle nie deur iemand gesien word nie. Stanisław Leszczyński
Lewenslange geluk! Geen mens sal dit kan verdra nie. Dit sal hel op aarde wees. George Bernard Shaw
Mense haat diegene teenoor wie hulle moet lieg. Victor Hugo
Ek neem nie die papier kwalik dat hy geduldig is nie, maar die leser. CJ Langenhoven
Jou eie belange is op die spel as jou buurman se muur aan die brand is. Horatius
Moenie eers baklei en dan hardloop nie. Hardloop solank jy nog vars en heel is. CJ Langenhoven
Die beste siener is hy wat goed kan raai. Euripides
Wat ons nooit moes geleer het nie, is die swaartse om af te leer. CJ Langenhoven
Ondervinding is die naam wat mense vir hulle foute gee. Oscar Wilde
’n Man trou omdat hy moeg is, ’n vrou omdat sy nuuskierig is. Albei word teleurgestel. Oscar Wilde
Elke mens is 'n digter wanneer hy verlief is. Plato
’n Man moet voor wees om van agter in die rug gesteek te word. CJ Langenhoven
’n Vrek is altyd behoeftig. Horatius
Geen meubels is so bekoorlik soos boeke nie. Sydney Smith
Armoede is nie ’n skande nie, maar dit is deksels ongerieflik. Sydney Smith
Almal is gereed om sleg te praat van ’n vreemdeling. Aeschylus
Die hele wêreld is ’n verhoog en mans en vrouens is slegs spelers. William Shakespeare
Daar is niks onaangenamer as ’n kuise persoon met ’n gemene geaardheid nie. Francis Bacon
Vriendskap eindig dikwels in liefde, maar liefde in vriendskap – nooit. CC Colton
Hy wat nie middele wil aanwend nie, moet nuwe euwels verwag, want tyd bring groot veranderings. Francis Bacon
Dis nie die inhoud nie, maar sy manier van praat wat ek so verafsku. William Shakespeare
Ons vrees dinge in verhouding met ons onkunde van hulle. Livius
Woorde is soos blare. As daar baie van hulle is, is die vrugte skaars. Alexander Pope
Elke nasie het die regering wat hy verdien. Josef de Maistre
Diegene wat nie die verlede onthou nie, word gevonnis om dit te herhaal. George Santayana
Skoenmakers hou julle by julle lees. Plinius
As jy niks het om te sê nie, sê niks. CC Colton
Moet nooit vergeet dat slegs dooie visse saam met die stroom swem nie. Malcolm Muggeridge
Hy wat begin het, is halfpad klaar. Horatius
Kennis is mag. Francis Bacon
Wie eensaamheid aangenaam vind, is óf ’n wilde dier óf ’n god. Francis Bacon
Lag en die wêreld lag saam, snork en jy slaap alleen. Anthony Burgess
Letterkunde is nuus wat nuus bly. Ezra Pound
Laat ons leef solank ons lewe. Latynse gesegde
Baie hande maak slegte werk. CJ Langenhoven
’n Fanatikus is iemand wat nie sy opinie of die onderwerp wil verander nie. Winston Churchill
Daar is baie verkeerde dinge om te sê; en daar is baie verkeerde maniere o die regte ding te sê. CJ Langenhoven
Dis nie ’n vis totdat dit op die wal is nie. Ierse gesegde
Hy wat iets vrees, gee dit mag oor hom. Noorse gesegde
Mens strooi die meeste suiker waar die tert gebrand het. Hollandse gesegde
Almal is verstandig totdat hulle praat. Ierse gesegde
Maak vrede met mense en maak rusie met jou foute. Russiese gesegde
Die gepeupel het baie koppe, maar min brein. Buckminster Fuller
’n Vrye pers kan goed of sleg wees, maar sonder vryheid is dit altyd sleg. Albert Camus
’n Mens kry nie hoofpyn van wat ander mense dink nie. Russiese gesegde
’n Lyn is lengte sonder breedte. Euclid
Die grootste roem van ’n nasie spruit uit sy skrywers. Samuel Johnson
’n Ou man in ’n huis is ’n goeie teken. Benjamin Franklin
Die bouer wat almal se raad volg, bou 'n skewe huis. Deense gesegde
Dis ’n goeie antwoord wat weet wanneer om op te hou. Italiaanse spreekwoord
Deur ryk te vertoon, word ons arm. Marguerite Gardiner
As jy eiers wil hê, moet jy die gekekkel van henne verdra. John Ray
Daar is net een ding wat ek vrees; om nie my lyding waardig te wees nie. Fyodor Dostoevski
Ondervinding is die kam wat die natuur ons gee as ons kaalkop is. Chinese spreekwoord
Alle groot waarhede begin as laster. George-Bernard Shaw
Die gemiddelde meisie sal liewers mooi as slim wil wees, want sy weet die deursnee man kan beter sien as wat hy kan dink. Anon
’n Vrekkige man is soos ’n vetgemaakte os: Hy sal sy vet gee slegs as hy van sy lewe ontneem word. Joodse gesegde
Ek haat slagoffers wat hul laksmanne respekteer. Jean-Paul Sartre
Wie homself onderrig gee, het ’n dwaas vir ’n onderwyser. 17de Eeuse gesegde
Plig is wat ’n mens van ’n ander verwag. Oscar Wilde
Vis en gaste ruik na drie dae. Benjamin Franklin
Vertel die waarheid wanneer jy twyfel. Mark Twain
As ’n woord op jou tong brand, laat dit brand. Persiese gesegde
Vleiers is die slegste vyande. Tacitus
Luister na almal maar praat met min. William Shakespeare
Diegene wat nie tyd vir oefening kan vind nie, moet tyd vind vir siekte. Anoniem
Dis die mooi voël wat in die hok beland. Chinese spreekwoord
Die verskil tussen letterkunde en joernalistiek is dat joernalistiek onleesbaar is en letterkunde word nie gelees nie. Oscar Wilde
Steek liewers ’n kers op as om oor die donker te kla. Chinese spreekwoord
’n Honger maag is nie ’n goeie politieke raadgewer nie. Albert Einstein
As jy graag jou spore in die lewe wil nalaat, is dit raadsaam om jou werkskoene aan te trek. Anoniem
Die kobra sal jou byt of jy dit nou kobra of meneer kobra noem. Indiese gesegde
Wie voor jou skinder, sal van jou skinder. Spaanse gesegde
Hoop is ’n goeie ontbyt, maar ’n swak aandete. Francis Bacon
Die manier waarop jy eet, is die manier waarop jy werk. Tsjeggiese gesegde
Opvoeding is wat oorbly wanneer wat geleer is, vergeet is. BF Skinner
Of hulle nou gee of weier, vrouens hou daarvan om gevra te word. Ovid
Wolf verhuur homself baie goedkoop as skaapwagter. Russiese gesegde
Dis nie die hen wat die hardste kekkel wat die grootste eier lê nie. Skotse gesegde
Elke begin is moeilik. Duitse gesegde
Wees lief vir jou bure, maar moenie die heining afbreek nie. Chinese spreekwoord
Slegs hy wat niks doen nie, maak nooit foute nie. Franse gesegde
’n Swak skrynwerker blameer sy gereedskap. Anon
Ek is Afrikaans, en dit kan niemand van my wegneem nie – ook geen Afrikaner nie. JC Steyn
Historiese geboue is die sout en peper van ’n stad. Hannes Meiring
Ons hoor net vrae wat ons kan beantwoord. Friedrich Nietzsche
Bier word deur die mens gemaak, wyn deur God. Martin Luther
Die proses wat ons gevolg het van amoeba tot mens word as vooruitgang gesien. Wat die amoeba se opinie hieroor sou wees weet ons nie. Bertrand Russell
Wysheid het minder te doen met die afbreek van idole, maar eerder om hulle nie in die eerste plek te skep nie. Umberto Eco
Waar boeke verbrand word, word mense ook uiteindelik verbrand. Heinrich Heine