Bonsai: Kuns in die kleine

Bonsai – Kuns in die kleine is ‘n samevoeging van noodsaaklike pitkos met betrekking tot versorging van Bonsai. Geen doekies word omgedraai nie. Bonsai-kuns word as kunsvorm belig, maar die tegniese en tuinboukundige raad vul hierdie titel.

Die inligting word logies en in verstaanbare taal vir die leek aangebied. Ervare Bonsai-kwekers sal hulle verkneukel in die kompakte inligting, maar dit is ewenseens
vir enige vlak van beoefening. Daarom hoort die titel aan jou sy wanneer jy aan jou bome werk. Die 120 sketse en 137 foto’s van veral Pieter se bome, bakke, gereedskap en tegnieke, wys vir jou hoe moontlik dit is om pragtige Bonsai in ‘n kort tyd te skep.

Die DVD wat by die titel ingesluit word neem jou op ‘n reis van kleur en vorm, deur ontwerpe en versorging van Pieter se bome in sy tuin. Baie van die Bonsai is nog nooit deur publiek gesien nie, en min mense was al saam met Pieter in sy Bonsai-tuin. Hier is nou so ‘n Bonsai-kuiergeleentheid in jou woonvertrek.

Koop / Buy Bonsai: Kuns in die kleine

Lewer kommentaar

Leave a Reply