Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Kyk hier, dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Nou dat die laatlammetjie die huis verlaat het Adam en Eva weer binnekort net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ‘n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Na baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ‘n appeltjie met mekaar te skil.

Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam om die oorspronklike “power couple” te vertolk ’n klassieke geval van “he said, she said.” Eva (Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel, die liefde en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Opperman) glo ook nie hy’t dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers na sy tyd geskryf.

Eerste vir Alles is ’n romantiese komedie oor ou bene saam maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.

Met: Frank Opperman & Margit Meyer-Rödenbeck.

Teks en regie: Wessel Pretorius

Verhoogbestuur: Wicus Louw

’n Ko-produksie van Suidoosterfees & Vrystaat Kunstefees, moontlik gemaak deur Het Jan Marais Nationale Fonds

KALFIEFEES- HERMANUS

9 Aug- Grobbelaarsaal – 14:00- Tixa

DIE BOER TEATER- DURBANVILLE

13-19 Aug

Bespreek: 021 979 1911/ www.dieboer.com

THE DRAMA FACTORY- STRAND

27 Aug om 19:30

Bespreek: www.dramafactory.co.za

HOËRSKOOL SWARTLAND

28 Aug

KIMBERLEY- YONDER HARTSFEES

Noord-Kaap Teater

2 September om 18:00

Bespreek: 053 841 0537

MOSSELBAAI

24 September

SECUNDA

26 September- Umuzi Kunstefees- Bespreek: www.seatme.co.za

AARDKLOP KUNSTEFEES- POTCHEFSTROOM

Hoerskool Gimnasium

29 Sept om 19:00

30 Sept om 13:00

1 Okt om 16:30

3 Okt om 16:00

Bespreek: www.seatme.co.za

WOORDFEES

7 Okt om 10:00

9 Okt om 11:00

11 Okt om 14:00

Bespreek: Quicket

GEORGE ARTS THEATRE

24,25 Okt

FAIRTREE ATTERBURY TEATER

3,4 Nov

Eerste vir Alles foto Gys Loubser
Eerste vir Alles, foto: Gys Loubser

Lewer kommentaar

Leave a Reply