Emmie, ’n sekretaresse by ’n vooraanstaande privaatskool, word teen haar sin ’n dwelmhandelaar.
Dit is net vir drie maande, belowe sy haarself, tot al haar skuld afbetaal is. Maar die dwelmbase is allesbehalwe gretig om haar te laat gaan, want sy het dan daagliks toegang tot soveel dwelmhonger tieners …
Die besoeker is ’n meesleurende roman oor ’n jong vrou wat verkeerde besluite neem, en uiteindelik danksy ’n beskermengel op haar pad die geleentheid gegun word om weer te begin.
Liefhebbers van Anchien Troskie se skryfwerk sal verheug wees oor dié splinternuwe roman.
Die besoeker word in Augustus vrygestel.
Skrywer: Anchien Troskie
ISBN: 9780795702990
Prys (insl. BTW): ongeveer R 175.00
Formaat: Sagteband, 272pp
Die besoeker
Koop / Buy Die besoeker(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)