Stellaria media
Muurkruid is ’n kruipplant. Dit het delikate, groen blare wat groei aan bros stingels. Die stingels dra ook yl, wit blommetjies.
Muurkruid word deur baie tuiniers as ’n onkruid beskou. Dit kan egter by baie geregte gebruik word, veral sop en bredies. Dit groei baie maklik.

