Absint

Artemisia absinthiumAbsint het nie veel aandag nodig nie. Plant dit iewers in ‘n sonnige hoek in grond wat goed dreineer en vergeet daarvan.Absint word sowat 60 cm hoog. Dit is meerjarig en die blare is groen aan die bokant en silwer aan die onderkant.(foto Rasbak)

Dragon (Tarragon)

Artemisia dracunculusDragon is ‘n meerjarige plant. Dit hou van son en die dit moet in ryk grond staan wat goed dreineer. Die draadagtige stingels van die plant word tot 60 cm lank.In die winter sterf die plant af, maar sal weer opkom. Bedek die plek waar dit gestaan het met kompos.

Santolina

Santolina chamaecyparissusSantolina neapolitanaSantolina is ‘n aanwins vir enige kruietuin. Dit het ‘n skerp geur en die grys kleur laat dit uitstaan. Dit kan ook aangeplant word vir ‘n lae heining.Gebruik steggies om santolina aan te plant. Plant dit in die lente of herfs op ‘n sonnige kol in die tuin. Daarna gee jy dit jaarliks …