Satureja montana
Bonekruid het nie net kulinêre en medisinale gebruike nie, maar gee ook mooi snyblomme.
Satureja montana is ‘n meerjarige plant wat sowat 25 cm hoog word. Dit lyk omtrent soos roosmaryn. Plant dit in ‘n sonnige plek in jou tuin in grond wat goed dreineer. Gebruik steggies om dit voort te plant.
Wat jy van die plant moet weet is dat dit geensins rypbestand is nie en dat dit slakke lok.
Dit dra klein spierwit blommetjies. Sny die plant elke jaar terug sodra dit geblom het.
Die eenjarige Satureja hortensis word tot 35 cm hoog. Die blare is bronskleurig en die blommetjies ligpienk.
(foto Dezidor)

