M*** *** ******** skryf
“Ek is 25, 4 jaar getroud, en het twee babas, een van 2 jaar, en een van 5 maande, ek het ook ‘n baie rowwe jaar met my beroep gehad. So ek het onder geweldige druk gefunksioneer, nou wil ek half ‘n dom vraag vra: My libido bestaan nie eers nie, en ek weet nie waar om dit te kry nie, ek is ook bereid om vir professionele hulp te gaan, maar waar begin ek?
Ek is regtig baie lief vir my man, en hy is baie goed vir my, so ek wil hom nie teleurstel nie.”
“Ek is 25, 4 jaar getroud, en het twee babas, een van 2 jaar, en een van 5 maande, ek het ook ‘n baie rowwe jaar met my beroep gehad. So ek het onder geweldige druk gefunksioneer, nou wil ek half ‘n dom vraag vra: My libido bestaan nie eers nie, en ek weet nie waar om dit te kry nie, ek is ook bereid om vir professionele hulp te gaan, maar waar begin ek?
Ek is regtig baie lief vir my man, en hy is baie goed vir my, so ek wil hom nie teleurstel nie.”
Marthie van Zyl:
Dit is n redelike algemene probleem by vrouens om na kinders, veral die 2de ‘n libido probleem te ontwikkel, meeste van die tyd gaan dit van self weer terug na normaal, maar soms moet die vrou gebruik maak van n medikasie of selfs terapie. Ek sou voorstel dat jy jou dokter besoek en eers daar begin, en natuurlik moet jy jou denke ook weer reg kry, die grootste seksorgaan is die brein, en vrouens dink soms hulle LUS weg …
V skryf:
“Hoe word ek (26 jaar oud) meer lus vir seks? My vrou kla ek nie in die mood nie. Wanneer ek in die mood is is sy nie en anders om.”
“Hoe word ek (26 jaar oud) meer lus vir seks? My vrou kla ek nie in die mood nie. Wanneer ek in die mood is is sy nie en anders om.”
Ben:
Dit gaan bietjie werk kos.
Eerstens moet jy kyk na die raad wat ek hieronder gee. Dan sal julle ook moet gaan sit en praat met mekaar en uitwerk presies hoe julle tyd vir mekaar kan maak. Dit is wat julle nodig het, kwaliteit-tyd met mekaar. Sodra twee persone emosioneel nader aan mekaar beweeg raak die fisiese stap baie maklik.
1) “Ek is nie in die mood nie Hoekom is ek so min in die mood vir seks? My man is meestal reg vir seks, maar dan wil ek nie. Wat is fout met my?”
2) “Ek het eers die stukkie aangehaal soos ek dit in jou antwoord gekry het. Dankie vir jou baie interessante vrae, briewe en antwoorde.
Wat ek graag wil noem, is dat hierdie artikel meestal fokus op vrouens. By my is dit net omgekeerd, en iets wat baie “embarrasing” is. Ek dink meer dis ´n emosionele ding, maar wil graag bevestiging hê.
Ek is baie moeg deesdae, van werk en so aan, maar is ook moeg vir my laaste paar verhoudings wat net skeef geloop het. Dit het so ´n effek op my gehad, dat ek Performa begin gebruik het.
Is dit maar net moegheid en ´n gevoel van seerkry wat hierdie effek op my het – “Ek is nie in die mood nie” My laaste eks het juis met my daaroor gepraat. Sy sê sy het nog nooit ´n man teegekom wat nie lus was nie, of nie kon nie, as jy verstaan wat ek bedoel. Dan moet ek erken sy het 3 of 4 seksuele verhoudings in haar lewe gehad.
Hoe elimineer ek wat fout is – hoe diagnoseer ek wat die werklike probleem is?”
– ****
– ****
Ben:
Daar is twee vlakke waarop mens normaalweg in die regte stemming moet wees voor jy kan oorgaan tot die seksdaad. Fisies en emosioneel.
Spanning as gevolg van werk kan jou ongelukkig fisies en emosioneel nadelig beïnvloed en ´n groot demper op verhoudings en jou sekslewe plaas, so ook jou negatiewe ervaring van vorige verhoudings. Jy moet die bul by die horings pak en maniere vind om jou stres te verwerk. Indien jy dit moeilik vind stel ek voor jy soek professionele hulp.
Ek sou voorstel dat jy enige vorm van medikasie vir eers vermy, tensy dit vir jou voorgeskryf is. Enige medikasie wat ´n uitwerking het op die senustelsel en onoordeelkundig gebruik word kan jou sekslewe nadelig beïnvloed. Dieselfde geld vir alkohol.
Dit kan moeilik wees om die probleem self te diagnoseer. Gaan lees Help! Geen ereksie!. Probeer jou lewenstyl aanpas volgens die laaste paar punte wat ek daar noem. Ek stel ook voor jy soek professionele hulp.

Van t***** ek het n vraag eks 24 het een kind 6 jaar al in n verhouding my verloofde moun en se ek wil nooit saam hom liefde maak nie. Ek weet nie meer wat om te doen nie ek raak nie meer lus om dit te doen nie ek was op 3 sorte voorbehoud midels en ek weet nie of dit dalk die oorsaak is nie of is die probleem by my ek is raadop ek wil nie graag medisyne gebruik om lus te word nie ?dan se my man hys nie goed genoeg vir my nie so asb se my wat kan ek doen om dinge beter te kan maak
Jy kan met jou dokter praat oor die medikasie. Is jy emosioneel op die regte plek? Het jy dalk baie stres? Dit is alles kwessies wat jy moet aanspreek. As jy nie self op 'n antwoord kan kom nie stel ek voor jy gaan praat met 'n sielkundige hieroor.
Hi daar, ek hoop jy kan my help want ek is raad op. Ek is nou 20jaar getroud, en my man wil nie meer seks he nie… Die laaste 7 jaar niks nie, en ek wil mal word ek is mal oor seks ek sal baie dinge probeer, maar my man wil niks weet nie. Ek het al gedink ek sal hom betaal… Ons het nooit baie seks gehad nie, maar nou is daar niks. Is daar dalk medikasie wat jou seksdrang kan verlaag na 0 toe, want ek sien nie n uitkoms nie. Ek het al mooi gevra……niks nie….. Ek hoop jy kan my help…. Ek het al gedink om iemand te kry om my bietjie uit te help, maar ek kan nie ontrou wees nie…. Help asb!!!!
Het jy al daaraan gedink dat hy nie kan. Dalk wil hy, maar daar is fout. Jy moet jou bes probeer om hom by 'n dokter te kry. Intussen kan jy miskien jou eie speelgoed kry om jouself mee besig te hou. Lig hom hieroor in. Moet ook nie skaam wees om dit voor hom te gebruik nie. Jy moet ons vertel hoe dinge verder verloop.