Suring (Sorrel)

Rumex acetosa

Suring is ‘n meerjarige plant wat geil groei, solank jy nie te veel daarmee lol nie.

Plant dit in halfskaduwee, want die blare brand maklik in die son. Gee dit nou en dan ‘n laag mis. In warm weer moet dit baie water kry.

Jy kan die plant elke 3 jaar uitspit en verdeel. Wanneer jy dit weer plant, maak ‘n gat van omtrent graafdiepte. Gooi bai kompos en 2 hande vol beenmeel in die gat.

(foto PRA)

Lewer kommentaar

Leave a Reply