Dis ’n doodgewone dag in Bertie en Alfrieda Botha se lewens. Hulle is twee ou-getroudes wat hulleself ongevraag in ’n krisis bevind.
Vandag blyk ’n baie belangrike dag te wees en dit is nie net die pille en brille, stywe litte of die nuwe-tegnologie-wat-nie–wil-saamwerk, wat die probleem is nie, nie een van die twee kan onthou wat maak die dessitse datum so belangrik nie! Tussen wat hulle vergeet het en wat hulle onthou lê ’n leeftyd van saamwees, goedwees, kwaadwees en liefwees.
Geliefde teater-paartjie, Wilson Dunster en Elize Cawood beloof met die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? ’n lekkerkry komedie met ’n diep deernis. Moenie hierdie produksie misloop nie.
Met: Wilson Dunster en Elize Cawood
Regisseur: Johan Engelbrecht
Teks: Ilne Fourie
*Debuut*
Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 14:00, Vr. 28 Junie 18:00, Sa 29 Junie 18:00.
Venue: Baptiste-kerksaal, Nelspruit
Tydsduur: 60 minute
Prys: R97