Santolina

Santolina chamaecyparissus

Santolina neapolitana

Santolina is ‘n aanwins vir enige kruietuin. Dit het ‘n skerp geur en die grys kleur laat dit uitstaan. Dit kan ook aangeplant word vir ‘n lae heining.

Gebruik steggies om santolina aan te plant. Plant dit in die lente of herfs op ‘n sonnige kol in die tuin. Daarna gee jy dit jaarliks ‘n deklaag kompos en mis. Die plant is nie rypbestand nie.

Die plant word tot 60 cm hoog en dra geel blomme.

Lewer kommentaar

Leave a Reply