Versversnit behels ligte musiek, gedigte en ‘n skeut opgetekende volkskuns wat op ‘n speelse wyse met ‘n wyntema versny word. Aanskoulike voordrag en luisterryke musiek deur bekende akteurs en sangers soos Sophia Passerini (Vallei van Sluiers), André Terblanché (Joseph), asook Lara Coetzee en Kyle Seconna, wat pas in Grease opgetree het, en begeleiding en interessante improvisasies deur bekroonde orrelis Winand Grundling maak dit ‘n aanbevelenswaardige versnit.
13 Maart 19:00 by Die Bôrdienghuis, Wellington, R80pp