Die skrywer Doc Immelman (84) is Saterdag in die Rooms-Katolieke Hospitaal in Windhoek oorlede.
Immelman is veral bekend vir sy avontuurverhale. Dit sluit in Die bul van Kashimbo, Die buffeljagter en Huurvlug 14 van Windhoek.
Daniel Ferdinand Immelman is op 23 April 1928 op Goodwood in die Kaap gebore en het in 1950 verhuis na Windhoek.
Immelman het die bynaam “Doc” ontvang na aanleiding van sy hoë voorkop en ooreenkoms met ‘n karakter in die Disney-rolprent Snow White and the Seven Dwarfs.

Daar gaan ‘n Groot Man