Dit wil voorkom asof voëls emosioneel raak oor voëlsang, op dieselfde wyse as mense wanneer hulle na musiek luister.
Wetenskaplikes by Emory University in Amerika het tot die bevinding gekom nadat hulle die breinaktiwiteit van spreeus bestudeer het. Die verskil is dat mannetjie voëls nie mekaar se musiek kan verdra nie.
