Om te trek word gereken as een van die mees traumatiese ervarings van die moderne tyd. Kombineer dit met met die verbrokkeling van ‘n verhouding van 9 jaar op die vooraand van een van hulle se 47ste verjaarsdag, en die poppe begin letterlik te dans.
Wanneer die kunssinnige Mirte en die ambisieuse Bea huis op pak, besef hulle daar is baie “huisraad” wat nie in bokse pas nie. Veral die geboks van ‘n sogenaamde onkonvensionele verhouding. En soos die laaste bokse geplak word, word krake in die verhouding bespeur waarvan die cellotape nie meer so lekker sit nie. En die vraag kom op: Hoort hierdie twee omgee mense saam of is hulle liefde maar net ‘n optel-aftrek som van die materiële en emosionele bagasie?
Hierdie is ‘n samekoms van ervare teaterskeppers: Daleen Kruger (Draadwerk, Bye Ma, Jaypee, Jonas); Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla, Bye Ma, Jaypee, Kytie – ‘n Koos Kombuis Storie); Alexa Strachan (Vergenoeg, Kamp dit Uit) en Franci Swanepoel (Janneman, Binnelanders).
Met: Alexa Strachan en Franci Swanepoel
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Teks: Daleen Kruger
Vervaardiger: Arena Produksiehuis & Margit Meyer-Rödenbeck
Grieselsaal, Oudtshoorn
3 – 6 April, 17h00
Tydsduur: 60 minute