Hierdie drama deur Daleen Kruger is aangewys as een van die vyf top-Nagtegaalkompetisie-inskrywings uit 46 nuwe Afrikaanse dramas in 2008.
Sy skep ’n opsigtelike realistiese uitbeelding van die vergete tradisionele vissersgemeenskappe van die Weskus in hul haglike, snelveranderende leefwêreld. Dit is ’n puik gestruktureerde drama met interessante karakters, tipiese streektaal en uitdrukkings.
Die stuk spreek bewaring aan, die brutaliteit van die mens vir wie geld god geword het en die invloed van kommersialisering op die gewone mens.
Suidoosterfees 2012
Met: Babes Mpatseng, Jefferson Korkee, Maria de Koker, Charles Human en Angelo Mockie.
Teks: Daleen Kruger
Regie: Gerben Kamper
Moontlik gemaak deur ’n subsidie van die LW Hiemstra Trust, opgerig ter herinnering aan Ludwig Wybren (Louis) Hiemstra.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
No related posts.
















Bespreking
Geen kommentaar vir “Jonas”