Die verdrinking van Josua van Eden

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Josua is 17 en in graad 11. Sy gesin woon in Stellenbosch waar sy vader aan die universiteit doseer en sy moeder, ten spyte van haar wetenskapsgraad die huishouding behartig, haar man ondersteun, kook en die kinders gootmaak. Joshua het ‘n suster en ‘n broer. Beatrix (gr. 10) is goeie geselskap en Markus (graad ag) is die rekenaarfundi en ‘n beterweterige parmant.

Toe ‘n gesinsvriend vra of sy dogter by die Van Edens mag bly terwyl hy en sy vrou afsit na Dubai om geld te maak, kan hulle pa nie nee se nie, en so trek Titiana (gr. 10) in. Joshua, wat sy lewe doodgewoon en vervelig vind, is gefassineer deur Titiana wat so kom en gaan soos sy wil, eet soos sy lus het en wat ‘n ring deur haar tong dra. Deur haar, wat ook ‘n rekenaarkop is, raak hy betrokke by RPG (role-playing games), waar instruksies via e-pos of sms’e ontvang word. ‘n Gevoel van dreigende onheil kom oor die storie.

Wanneer dit blyk dat die spelmeester die hele tyd Markus was en dat Joshua se klasmaats ook deel van die speletjie was, is Joshua woedend. Hy voel verraai en verneder. Maar sy beste vriend Coenie voel weer beledig dat Joshua hom nie vertrou nie. Die storie einding waar Coenie ‘n pistool afvuur.

Die roman werk boeiend met sake wat vir tieners erns is, soos alkoholmisbruik, dwelms en seks.

Die verdrinking van Josua van Eden
Die verdrinking van Josua van Eden

Dit is Carina Diedericks-Hugo se eerste oorgrensroman vir beide volwassenes en jong volwassenes.

Lewer kommentaar

Leave a Reply