Die voëlgids van Suider-Afrika

Hierdie omvattende en gewilde voëlgids beleef sy tweede hersiene uitgawe met ‘n meer gebruikersvriendelike omslag – geskik vir die veld en baie hantering.

Enkele voëlname is intussen herbenoem en die nuwe name word ook in hierdie uitgawe vervat.

• ’n Gebruikersvriendelike stelsel met kleurkodes en kruisverwysings om vinnig by die regte voël in die boek uit te kom
• Meer as 1 200 uitstekende volkleurfoto’s van 809 voëls wat die verskillende kleurvorms illustreer: mannetjie en wyfie, jonge, broeidrag en ander variasies
• Simbole wat die voël se voorkeur habitat, kos, sosialiteit en nes-tipe aandui
• Verspreidingskaarte wat die voorkomsdigtheid en migrasiepatrone aantoon
• ’n Stelsel wat die 809 voëls volgens uiterlike kenmerke en gedrag in 12 logiese groepe met kleurkodes indeel
• Volledige teks wat klem lê op identifikasie en gedrag, en ook bruikbare inligting verskaf oor voëlfamilies en kleiner groepe

Die voëlgids van Suider-Afrika / deur Burger Cillié & Ulrich Oberprieler — LAPA, 2011. — 432 p. ; sagteband. — ISBN 978079934686 2 : R 275.00

Lewer kommentaar

Leave a Reply