Die bekende groep Ses Snare doen jaarliks ‘n paar konserte met die oorspronklike groep wat destyds in 2009 by die KKNK gedebuteer het en daarna vir meer as tien jaar die land plat getoer het.
Vanjaar speel die Snare weer by Die Boer, die eerste teater waar die Snare destyds gespeel het buite die Kunstefeeste.
Die manne is ouer, wyser en nog beter musikante as wat hulle destyds reeds was. Kom geniet ‘n nostalgiese reis saam met die Ses Snare wat al die ou treffers speel waarvoor hulle destyds bekend geword het.
Met: Blackie Swart, Mel Botes, Mathys Roets, Leon Ecroignard, Wouter van de Venter en Thean Kotze.
Op Vrydag 7 Aug by Die Boer teater restaurant in Durbanville om 20:30
Kaartjies kos R300 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

