Met Flagwatching doen Clem Sunter baanbrekerswerk.

“Flagwatching” is iets wat ons almal daagliks doen. Ons let op na ’n vriend se gesigsuitdrukking tydens ’n gesprek. Ons kyk om ons rond vir moontlike gevare wanneer ons bestuur, of wanner ons na ons eie gesondheid omsien. Ons besef dat ons ’n oog moet hou op “vlaggies” wat dui op gevare wat dreig.
Sunter wys hier oortuigend en leesbaar hoe ons hierdie natuurlike gewoonte kan toepas as ’n strategie in besigheidsbeplanning. Leer hoe om dit toe te pas, speel met die verskillende scenario’s en dink oor al jou opsies voor jy optree.
Flagwatching bespreek ’n wye verskeidenheid vlae om na op te let, internasionaal en in Suid-Afrika. Dit sal jou besigheid of organisasie toelaat om beter te bepaal na watter kant die wind waai in tye waar alles vinnig verander.
Flagwatching word op 16 November 2015 vrygestel.
Flagwatching / Clem Sunter — Tafelberg, 16 November 2015; 172 p. ; sagteband. — ISBN 9780624076162
Flagwatching,
Bettie Blom,
15 November 2015.
