’n Rede vir rose

Rose met hul delikate geur en volmaakte vorm is reeds eeue lank die wêreld se gunstelingblom.

’n Bos rose, of selfs ’n enkele langsteelroos, is sedert die vroegste tye ’n simbool van liefde en gedeelde vreugde.

Van die mistige middellande tot die droë woestyn, van die berge tot aan die see, het rose hulleself bewys as gewillige inwoners van enige tuin en word hulle altyd liefderyk versorg.

Gedurende haar loopbaan as tuinskrywer en fotograaf het Nancy Gardiner al die pragtigste roostuine in die land opgespoor, daaroor geskryf en dit gefotografeer. Die boek is ’n visuele fees uit hierdie tuine en vier die prag van die roos.

Met die aanbieding van rose in hulle onderskeie vorms, van bekoorlike miniature tot slanke teeroos-hibriede en uitbundige rankrose, waarvan sommige pragtige grondbedekkers is en ander mure bedek of in houers gedy, is hierdie boek ‘n vreugde en inspirasie vir roosliefhebbers van oral oor. Alhoewel dit nie ’n kweekhandleiding oor rose is nie, bevat die manjifieke foto’s se byskrifte heelwat inligting, en die belangrikste plant- en versorgingsvereistes is gerieflik in een hoofstuk saamgevat.

Geen roosliefhebber behoort sonder hierdie waarlik pragtige boek te wees nie.

Die boek is ook beskikbaar in Engels as A reason for roses.

Koop / Buy ’n Rede vir rose

Lewer kommentaar

Leave a Reply