So is dit nou is ‘n nuwe versameling aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en skrywer Johan van Wyk.
Die versameling dokumenteer ‘n tyd van Padkafees, Pepsi floats en koue skaapnek uit ‘n saalsak. Daar is stories oor jagekspedisies op volstruisplase en motorfietsry op afgeleë paaie. Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en rosyntjies, soet patats en gebakte aartappels nie. In dié bundel word die verlede onthou en meesterlik verweef met die hedendaagse Suid-Afrika waar Jacob Zuma en Julius Malema die septer swaai.
Die Gupta-troue herinner aan Afrikaner troues van ouds waar “Tant Koek se hoenderhaan” gesing is en Zuma se Nkandla-verskonings aan P.W. Botha wat fier en regop te perd na die stembus in George ry.
Nes in sy eerste bundel So was dit spreek dié verhale universele temas aan en bring dit nuwe insigte oor die lewe, die verlede en vandag se wêreld wat teen ‘n “verbysterende snelheid” voortstu.
So is dit nou / Johan van Wyk — Tafelberg, 20 September 2016; 240 p. ; sagteband. — ISBN 9780624080206
So is dit nou,
Bettie Blom,
31 Julie 2016.