Wederkoms – die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

’n Swaargewonde Jannes word bewus van die teenwoordigheid van engele om hom. Hy onthou die nag van sy geboorte, die begin van sy lewensverhaal.

Jannes Hoop word armoedig op die Eiland groot. Hy ervaar alles met verwondering: die natuur, die tye saam met sy geliefde Myrte langs die rivier, sy verhouding met sy seuntjie Bas en met God. Dit is asof hy in sy eenvoud veel meer as die gewone mens sien.

’n Yslike dam en besproeiingskema word beplan en daar loop gerugte rond dat die Eiland oorstroom gaan word wanneer die dam voltooi is. Die geheimsinnige Tempelliers spoor die Eilanders aan tot verset. Jannes, onskuldig en op soek na ’n eie waarheid, word in die maalkolk van geweld ingetrek.

Wederkoms - die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop
Wederkoms – die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop

Lewer kommentaar

Leave a Reply