Planet 51

 

Afgesien van goeie akteurs is Planet 51 ‘n vreeslike teleurstelling.

Mens sien uit na hierdie tyd van die jaar. Daar is gewoonlik ‘n animasiefliek vir die kinders, en dis altyd slim genoeg sodat die ouers nie aan die slaap raak nie. Ongelukkig moet ek aanbeveel dat jy Planet 51 van jou lysie skrap die vakansie.

Planet 51 se storie is swak, die teks gelap en die ergste van alles is dat die humor verelig en boonop min is.

Die verhaal is die van ‘n ruimtevaarder wat land op ‘n planeet met vreemde wesens. Die spulletjie lyk asof hulle nog in die 50’s leef. Die arme man word dan geteiken deur hulle obsessiewe generaal Grawl (Gary Oldman). Met die hulp van ‘n tiener moet hy uit Grawl se pad probeer bly en van die planeet probeer ontsnap.

Die tekeninge waaruit Planet 51 bestaan is kleurvol en goed ontwerp. Daar is ook talle verwysings na sci-fi films van die verlede. Dit is die somtotaal van positiewe kommentaar van mens kan lewer oor die fliek.

Die akteurs doen ook goed, maar daar is net soveel wat jy met stemwerk kan doen as die teks lomp is.

Planet 51
Planet 51

‘n Dag by die dieretuin is ‘n veel beter idee vir vakansievermaak.

Regisseur: Jorge Blanco
Met die stemme van: Jessica Biel en Gary Oldman

2 / 5

bydrae: Angela A

20 Desember 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply