Retrogasme: Erin Gray

Erin Gray
Erin Gray

Erin Gray het bekend geword vir haar rol in Buck Rogers, ’n TV-reeks oor die avonture van ’n ruimteverkenner.

Die oorspronklike verhaal het in 1929 lewe gekry as ’n strokiesprent. Voor die reeks met Gray in 1979 begin het, was daar reeds ’n radioprogram (1932), verskeie films (eerste in 1933) en ’n TV-reeks (1950 – 1951).

Erin Gray (Colonel Wilma Deering), was een van die bekende gesigte met die reeks, so ook die robot Twiki (Felix Silla). Gil Gerard was William ‘Buck’ Rogers. Gray is ook bekend vir haar rol in die TV-reeks Silver Spoons in die 80’s.

Lewer kommentaar

Leave a Reply