teks en grafika: Sheridan Walter
Hierdie moeras vol sonnedouers is
‘n vernuftigheid wat te mooi is
om louter toevallig te wees,
met sphagnum-gevoerde wandjies, as’t ware ‘n teekoppie in die reënwoud.
‘n Enkele tree af, daar word jy opgesluk,
deur ‘n wildernis wat jou inkleur,
van enkel-diep, na knie-diep, na middellyf-tot-skouer-diep,
in die natvoet van die onderbos …
Maar die son onder jou voete is só verblindend,
daar onder die sonnedouers,
dat daar sóveel lig is in die koppie,
dat as jy daar staan en staar, jy vorentoe begin val, in ‘n onbeskryflike vervoering.

