teks en grafika: Sheridan Walter

Hierdie moeras vol sonnedouers is

‘n vernuftigheid wat te mooi is

om louter toevallig te wees,

met sphagnum-gevoerde wandjies, as’t ware ‘n teekoppie in die reënwoud.

‘n Enkele tree af, daar word jy opgesluk,

deur ‘n wildernis wat jou inkleur,

van enkel-diep, na knie-diep, na middellyf-tot-skouer-diep,

in die natvoet van die onderbos …

Maar die son onder jou voete is só verblindend,

daar onder die sonnedouers,

dat daar sóveel lig is in die koppie,

dat as jy daar staan en staar, jy vorentoe begin val, in ‘n onbeskryflike vervoering.

a younger old me in vibrant free strokes of co - Sheridan Walter
Grafika: Sheridan Walter

Lewer kommentaar

Leave a Reply