Kieslys

Close


*/

15 Mei
2009
Gedigte
2900 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Anèl Muller

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Verduidelik

Kyk jy vir daai gesiggie
En se hoekom jy nie jou afstand hou nie
Hoop en die toekoms geklap het
Dat tande sidder
Krake in die muur

Jy ken my nie
Maar jy oordeel my siel
Jy sien nie klein ogies
Wat met ‘awe’ na hom kyk
Jy sien nie die harte wat jy verniel

As jy vat wat nie joune is nie
Sal eendag wel jou inhaal
Ek vloek jou nie
Wat is die sin daarin
Daar’s ‘n groter Hand
Wat jy sal moet vat

Goodbye

jy kyk na my
maar jy sien my nie
jou oë staar verby
my siel

hoe kan dit dan wees
dat na soveel jare
jy steeds nie verstaan
wat bruis deur my are

ek sê vir jou goodbye
terwyl die wind om ons waai
en stukkies van gister
sit vas in my hare

wat het geword van my hart
ek soek maar kry net die as
van alles wat ons verbrand het
en liefde wat gister nog was

waar is al my stem dan heen
waar kry ek weer my lag
sonder jou voel net nie so reg nie
maar met jou staan hartseer en wag

so ek sê vir jou goodbye
terwyl ‘n storm om ons waai
en stukkies van my hart
val een-een uit jou sak

al

so dink jy dit is maar al
wat jy hier by my los
twee gesiggies wat nog glimlag
en gister se flenters

en jy glo dat ek die een is
wat die mat heel uitgeruk het
terwyl jy vas gestaan het
my bene ingegee het

maar wat dan van die seer
wat ek nie weg kan hou
en wat dan van die pyn
wat in jou harde hart verdwyn

wat maak ek met die houers
bly dra ek jou hand op my skouers?
so weet jy dat jy die een is
wat my iewers laat verdwyn het

my siel laat verdrink het
in jou stormriviere
en kan ek jou vertel
van die vrees wat jy gelos het

wat my hart vasgryp
en my polsslag laat versnel
so dink jy dit was maar al
wat jy hier by my gelos het



4 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD