Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Genade onbeskryflik groot ~ Smaadskrif van ‘n ex poot
desnieteenstaande not good memories vertel ek jou
maar soms is dit nodig om terloops te onthou
van die polisie kaptein wat sy gesin uitgewis het in Radiokop
en homself in sy Mercedes vergas het na ‘n laaste stewige dop
die Afrikaanse gospel kasset in sy kar se radio-kasset speler
het (toe ek daar aankom) auto rewind en oor en oor getuig van
God se liefde en genade onbeskryflik groot
die Russiese Mafia sluipmoord hit in Randparkrif
waaroor ek ‘n moerse lang toneel verklaring moes grif
man en vrou (nakend in die seksdaad) op sitkamerbank doodgemaak
in ‘n stortreën van warm lood en gloeiende koper en koue wraak
saak seker nou nog nie opgelos nie (geliasseer as onopgespoor)
want miskien was dit ‘n inside job en bewys van
God se liefde en genade onbeskryflik groot
die ou gay gentleman in Bromhof wat oor sy Yorkie se dooie liggaam nie wou dooi
het hope Somnil slaappille saam met Gilbey’s gin in sy keel afgegooi
wat duidelik nie die job gedoen het nie al was hy op die regte pad
toe gaan skiet hy homself met ‘n .38 Special in die kop in die bad
maar verdrinking was die uiteindelike oorsaak van dood
want hy was hardkoppig en die koeël het teen sy skedel vasgeslaan en teen
God se liefde en genade onbeskryflik groot
die goose in Sundowner wat ge-overdose het op ‘n verskeidenheid medikasie
haarself letterlik dood gekak het want sy wis nie verskil tussen selfmoord en purgasie
haar boyfriend verskeur deur verdriet het sy polse met ‘n Stanley mes gesny
dit was letterlik ‘n kakspul en bloedbad toe ek en Paxton hulle kry
selfs ou Tselapedi kon nie glo hoe baie bloed (en kak) daar was nie
maar dit was te laat om in enige iets te glo buiten Klipdrift en Coke en
God se liefde en genade onbeskryflik groot
geroeste panga gebreekte Lion bottelnek en Dunlop necklace moorde
elke fokken naweek by Zandspruit plakkerskamp in die noorde
dronkspul aanranding GBH verkragting bloedskande
by sjebien vergadering word besluit alle bloed is aan die witman se hande
want fok Van Riebeeck en fok die Voortrekker Monument
verbrand die mielielande kill a boer kill a farmer and remember
God se liefde en genade onbeskryflik groot
die blou-bruin liggaampies van al die pasgebore babas (en hier wyk die rym)
wat ons (ek en Kennedy et al) uit die Mzanzi memorial communal long drop
agter Johnny die Pôrra se kokkerot kafee uit kniediep kak (en pis) moes haal
oor miserabele moeders wat hul pasgeborenes soos gebruikte tampons wegmoer
want dis lekkerder om sonder stoornis by Malema se sjebien te kan suip en hoer
in plaas daarvan om kinders ‘n bietjie tiet te gee en groot maak tot eer van
God se liefde en genade onbeskryflik groot
die vier tieners wat lewendig verkool het na ‘n head on crash op Beyers Naude
lekker aand by Santini’s nagklub gewees en die drank was verniet weggegee
die reuk van gebrande mensvleis is soos vrot koffie en spek
wie moes die fokken grusame toneel bywoon en planne optrek?
wie moes daai kinders se ouers met doodsberig uit hul slaap gaan wek
Sneeufokkenwitjie? Asfokkenpoestertjie? Fokkenekpoes! (of was dit?)
God se liefde en genade onbeskryflik groot
anyway, dit is net die puntjie van ‘n ysberg van bloed en kwêt
g’n mens kan ongeskonde uit so leefstyl stap nie maar ek dink ek het
daarom dat ek uit wese van boosheid dinge van mense sien en verstaan
waarvan hulle self nie weet totdat hulle kniediep in hul eie bloed staan
ek is die Donker Boer die aarde is die Hel en die Hemel is vergete
Suid Afrika is kataklismies kranksinnig en demonies besete (van)
God se liefde en genade onbeskryflik groot
want Sy wil geskied (of is dit skiet?) dat ek elke liewe fokken dag
verby Wespark begraafplaas moet ry in kamikaze taxi verkeer
sodat Hy saggies in Sy olierige hipster baard vir my kan lag
terwyl Hy nuus vanaf lamppaal koerant posters op my kan af forseer
wat ek op SABC tell-lie-vision of Nuus 24 of Facebook probeer vermy
maar dit maak nie saak wat ek doen nie die tragedies bly my by (van)
God se liefde en genade onbeskryflik groot
elf mense in veertien dae soos diere op hul plase afgemaai
outistiese seuntjie vyf keer met Okapi mes gesteek
bejaarde swart dame met panga onthoof se lyk was genaai
dogtertjie as seksslaaf aangehou vir presies twee jaar en ‘n week
skisofreniese man het sy vrou geëet want hy’t gedink sy’s ‘n Albany brood
‘n oorlaaide minibus taxi het in Honeydew gerol en alle insittendes is op slag dood
maar God se liefde en genade is onbeskryflik groot
Suid Afrika se mense kyk rugby (of sokker) loof die Jirre en ploeter salig voort
herhaal ad nauseam ad infinitum ad Mugabe daar ver noord
ad Pieter Botha At Botha Pik Botha of selfs P.W. Botha
eerder as Jacob (Shower-kop Masjiengeweer) Zuma
en sy spiteful Ratex god van onbeskryflike liefde en genade
BEL DIE FOKKEN POLISIE!
UBUNTU IS NET ‘N ILLUSIE!
Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Jou werk is herkoubaar!! Ek is so dankbaar almal kan jou nou LEES!!! Jy verdien om hier te wees.
Dankie Roekeloos vir die plasing. Dankie Alida vir die kommentaar.
Eerste klas werk wat die siel ruk. Puik!
Befok!