Job se geduld

Arme Job, hy weet nie wat aangaan nie; een ding na die ander gaan verkeerd

voel asof iemand besig is om hom uit sy salige lewe uit te verneuk.

Eers is sy vrou weg met die nuwe TV, ja die een met die ekstra groot skerm

en die kinders by hom gelos; heeldag ‘n gekla en gekerm.

Die water toevoer na sy huis is afgesny en nou is die swembad leeg

en hy vermoed die bure se kinders het die braai-broodjie rooster gesteel.

Job voel hy moet maar net harder, en meer as ooit bid en glo alles gebeur met n doel …

alhoewel hy effens onrustig is oor die floater in die toilet wat net nie wil weg spoel.

Hy vra nie gewoonlik vir enige iets in sy gebede nie, nee, gewoonlik prys hy net …

Maar, vandag noem hy twee keer die ernstige, verstopte, toilet situasie in sy gebed.

Die oudste een kom vertel die bank is daar om die kombi terug te neem

en daar is nie n bediende of skaap in sig, hy weet nie waar is almal heen

en die jongste een se doek is nat en die middel kind het n gat in die tafel geboor.

Job sit die toilet plunger stadig neer en tel tot tien; amper het hy sy humeur verloor …

Maar, hy sal nie, hy het baie geduld. Hy prys die Heer vir die toets op sy geloof.

Yes! Ek wen al weer, sê God!

Ja, Jy wen al weer, sê Satan suur maar, wat nou van jou getroue dienskneg Job?

Hmm … Ek dink hy verdien ‘n antwoord op sy gebed.

Terwyl jy die loser is; gaan verwyder JY die drol uit sy toilet!

Lewer kommentaar

Leave a Reply