Die natuur, ons leermeester

Daar is so baie wat die natuur ons kan leer,
So baie maniere wat ons mekaar kan eer.
Die natuur leer ons van lewe en liefde rein,
Van die olifant so groot, tot die miertjie klein.

Almal is gehul in liefde en lewe,
Sonder een van die twee sal niemand ons kan vergewe.
Dis orals om ons,
Van die stille rivierstroom, tot ‘n brander se gons.

Met natuur kan ons liefde beskryf.
Dit kan selfs die ergste donkerte verdryf.
Daar is so baie maniere om dit te noem,
Sonder liefde is ons lewens gedoem.

Liefde is in die berg so majestiek,
Liefde is die sang van ‘n eensame kriek.
Liefde is son se eerste straal so sag,
Liefde is ‘n baba se eerste lag.

Liefde is in die windjie so stil,
Liefde is die eensame bokkie in donkerte gehul.
Liefde is die maanskyn se lig,
Liefde is ‘n tortelduifie se hartseer gedig.

Liefde is die reën se sang,
Liefde is die koue druppels op jou wang.
Liefde is die blom se eerste groet,
Liefde is in ‘n kwartel se bloed.

Liefde is in die tarentaal se roep.
Liefde is die eensame duiker, wat weer uitkom by sy groep.
Liefde is die eland so mooi,
Liefde is die sonsondergang se rooi.

Liefde is orals in die natuur,
Ons mense leer dit gewoonlik, maar die prys is duur.
Liefde laat jou nie sommer los,
Liefde laat jou vasgevang, soos ‘n bok in die bos.

Liefde is ‘n nodige lewensles,
Baie keer werk dit nie, al probeer jy jou bes.

My Roos

Hoe kan ek my liefde vir jou beskryf?
Hoe kan mens die tyd sonder jou verdryf?
Waar kan ek begin om jou te sê?
Hoe kan ek die onrustige hond laat lê?

Jy is my hart se punt,
Jy is my anker teen die wind.
Jy is my einde en begin,
Jou naam is al wat in my hart sing.

Jy is my berg, sterk en altyd daar,
Jy is die een wat my teen onheil bewaar.
Jy is die oggendson se eerste soen,
Met jou in my lewe kan ek enige iets doen.

Jy is die eerste druppel dou op ‘n roos se dors,
Soos die roos, wil ek sing uit volle bors.
Jy is soos ‘n tarentaal se eerste oggend groet,
Jy, my skat, is in my bloed.

Lewer kommentaar

Leave a Reply