Vervloekte

Jy was eens ‘n verkoorster van my hart en sterre,
eens het jy skynbeelde en wonderwerke voor my oe betoor.
Dis toe wanneer ek my hart op jou verloor. Ongelukkig so.

Nou wil my tong jou vervloek in hierdie bitter koue alleeninge wind,
mar ek besef dat jy is nog ‘n fokken kind is
wat kaalgat baljaar met haar kopdoek en lint.
Jy’t eens gelukkig onder goue son saam my baljaar, ongelukkig
kon ons nie veraltyd daar bly. Ek’t gan werk en jy’t nie ophou speel nie,
speel speel jy
my verby terwyl jy met ‘n ander man vry.

Keer ek my tong weer, ek hoef jou nie te vervloek nie.
Jy saai jou eie vloeke op jou voetpad voor jou.

Lewer kommentaar

Leave a Reply