Seker een van die interessantste woorde in Afrikaans, of enige ander taal, is die woord fok. Dis ’n wonderbaarlike woord wat deur sy klank alleen dinge soos pyn, plesier, liefde en haat beskryf. Die woord fok kan ook in verskeie grammatikale kontekste gebruik word. Dis ook al deur baie bekende mense in bekende situasies gebruik:

Waar kom al die fokken Zoeloes vandaan?

– Bloedrivier

Waar kom al die fokken water vandaan?

– Kaptein van die Titanic

Koppe gaan fokken rol.

– Franse Rewolusie

Watter fokken kaart?

– Moses in die woestyn

Enige fokken idioot kan dit fokken verstaan.

– Albert Einstein

Man, dit fokken lyk soos sy!

– Picasso

Hoe de fok werk jy dit uit?

– Pythagoras

Jy wil wat op die fokken plafon hê?

– Michaelangelo

Verspreide buie, my fokken gat!

– Noag

Jy’s seker nie fokken ernstig nie.

– Goliat

Wat de fok was dit?

– Hiroshima

Nie ge-fokken roer, geskud!

– Roger Moore

Maak my fokken dag.

– Clint Eastwood

Watse fokken grimering?

– Nataniël

Watse fokken nose job?

– Barbara Streisand

(oorspronklik gepubliseer in 1997)

Lewer kommentaar

Leave a Reply