Japie was nooit op sy gemak in die omgewing van vrouens nie.

Hy was in ‘n tegniese skool vir seuns. Toe gaan leer hy vir werktuigkundige en weer is daar net mans. By die werk is daar net mans in die werkswinkel. Die enigste vrouens was in die kantoor, waar hy omtrent nooit gekom het nie. Dit was tot die dag wat Sannie by hulle begin werk het.

Sannie was die mooiste mens wat Japie nog ooit onder oë gehad het. Vir maande het hy planne beraam om met haar te gaan praat. Toe hy uiteindelik sy moed bymekaar skraap, steek ‘n nuwe probleem sy kop uit. Nes Japie naby die kantoor kom voel hy ‘n beweging hier in sy lende, iets wat dreig om ‘n knop in sy broek te maak.

Japie gaan spreek die dokter wat mooi aan hom verduidelik dat ‘n man moet leer hoe om sy ereksie te beheer in die omgewing van dames. Hy stel toe voor dat Japie, net as noodmaatreël, sommer sy lid met maskeerband aan sy been vasplak.

So plak Japie en gaan sien vir Sannie by haar lessenaar. Japie voel beweging, maar die maskeerband gee nie bes nie. Japie is so beïndruk dat hy sommer vir Sannie vra vir ‘n fliek en ‘n ete by die Spur … en so waar as wragtig sê sy ja.

Die afspraak was die Vrydag en Saterdagoggend loop hy die dokter raak op straat. Japie lyk swaarmoedig en dokter wil weet wat is fout. Japie vertel alles:

Hoe hy sy lid so styf aan sy been vasgeplak het dat hy amper die bloedtoevoer afgesny het. Hoe hy aan Sannie se deur geklop het en toe dit oopgaan staan sy droomvrou daar. Sy was ‘n visioen in haar visnetkouse en kort, kort, kort, kort rompie.

Japie is stil.

“En toe?” vra dokter.

Japie sug, “Toe skop ek haar in die gesig.”

bydrae: Quintus van Rensburg

(oorspronklik gepubliseer 4 Oktober 2009)

Lewer kommentaar

Leave a Reply