Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ’n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland.  Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ’n gordyn van sarkasme en harde werk.  Mariëtte Labuschagne werk in ’n boekwinkel op dieselfde dorp.  Sy droom haar hele lewe lank van ’n loopbaan op die verhoog.  Al wat sy wil doen is sing en “perform”.  Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met n grappie of ’n storie en sy is altyd ongeremd.  Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk?

Hierdie kombinasie kan óf ’n resep vir ’n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

Met: Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar

By Die Boer Teater Restaurant in Durbanville 24-26 Maart om 20h30.

Kaartjies kos R155 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply