’n Oorsig van die bekende Gautengse skilder, Eben van der Merwe, se werk is tans by die Grevilleas Galery in Wellington te sien.
Eben is ’n selfopgeleide skilder. Hy was voorheen ontwerper en kunsdosent en het reeds diep spore in die kunste getrap.
Van der Merwe stal reeds landwyd uit vanaf 1958, asook in die buiteland, onder meer in Venesië en São Paulo.
Anne-Greth Erasmus is die kurator van hierdie uitstalling en belangstellendes kan haar kontak by ampiec@mweb.co.za .

