Die aanvraag

Dit is geen geheim nie dat die aanvraag na Afrikaanse musiek die afgelope paar jaar met rasse skrede toegeneem het. Van klubsnitte tot kleinkuns. Van Benoni tot Brussels. Sommige gebore uit ’n poging om die massahonger te stil. Min egter keurig geëts-gestroop van ’n “so what”-gevoel.

Dié 36-jarige boorling van KwaZulu-Natal, Hugo Nieuwoudt, wat die Kaap reeds meer as ’n dekade huis noem, bied nie net ontsnapping nie; eerder ’n stewige skoot medisyne vir die middeloormeganiese mengelmoes op die musiekmark.

As iemand wat in ’n stadium meer as tien jaar gevangenisbewaarder was, verstaan Hugo die persoonlike reis na vryheid. Vryheid sing hy oor in “Windpomp”, ’n duet met Sonja Herholdt.

“Ek is lief vir die wêreld” (wat in die volksoor verewig is deur Groep 2, oftewel Sias Reinecke en Gert van Tonder) kry ’n vars baadjie – ritmies afgestof, maar met dieselfde waarheid dat hoewel liefde en jare kom en gaan, ware treffers die tyd sal deurstaan. Net so is die geval met “Die seewind” (ook uit die Sias-skatkis) en “Hier is ’n mens” (bekend gemaak deur Gé Korsten), wat Die aanvraag opnuut laat anker gooi in die hart van ’n nuwe generasie musiekliefhebbers.

Die aanvraag sluit ook ander bekende liedjies in soos “Have I Told You”, “Footloose”, “Some Girls Will, Some Girls Won’t” en “Crazy Little Thing Called Love (Have I Told You-keurspel)”.

Hugo Nieuwoudt
Hugo Nieuwoudt

Hugo Nieuwoudt is 26 Augustus by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R50 en kan bespreek word by 021 979 1911.

Lewer kommentaar

Leave a Reply