Reg Gurnell wen RFS-motorfietsbesparingsrit

Reg Gurnell, wat op ’n KTM 690 Duke gery het, het die RFS-Motorfiets-besparingsrit wat Saterdag in Hazyview geëindig het, gewen en ook die louere in Klas A (vir motorfietse tot 700cc) ingeoes. Dit was sy vyfde oorwinning in dié jaarlikse motorfiets-besparingsrit in 10 jaar nadat hy die byeenkoms ook in 2008 gewen het.

Gurnell het die tweedaagse byeenkoms oor ’n afstand van 900km deur Mpumalanga met ’n algehele brandstof-verbruiksyfer van 3,22 l/100 km gewen. Die voormalige wenner Peter de la Rey, wat op ’n BMW 800 (3,38 l/100 km) gery het, was tweede algeheel en het ook Klas B gewen, terwyl nog ’n voormalige wenner, Graham Mephius, as naaswenner in Klas A die tweede jaar agtereenvolgens die derde plek op ’n Kawasaki ER6F (3,56 l/100 km) ingeneem het.

Die res van die eerste tien oor die eindstreep was Mike Peel op ’n BMW F800ST (vierde algeheel en tweede in Klas B (701 tot 1010 cc)), Grant Scott (vyfde algeheel en derde in Klas A op ’n BMW 650 CS), André Schoeman (sesde algeheel en wenner van Klas G – avontuurfietse tot 1000 cc – op ’n BMW F650GS), die nuwelingryer Charl Krebs (sewende algeheel op ’n Klas A Kawasaki ER6F), die vroueryer Dianne du Ren (agtste algeheel op ’n Klas A BMW F650CS), Callie Fouché (negende algeheel op ’n Klas G BMW F800GS) en Gerhard Schutte (10e algeheel op ’n Klas A Kawasaki ER6N).

Die ander klaswenners was:
Klas J (tweesitplek-fietse tot 1200 cc): Marchen en Elaine Rossouw, BMW F650GS, 13e algeheel, 4,35 l/100 km; Klas F (luukse toerfietse): Johan Nelson, BMW R1200RT, 15e algeheel, 4,42 l/100 km; Klas D (1201 cc en groter): Neil Smith, Suzuki GSX, 19e algeheel, 4,51 l/100 km; Klas C (1011 cc tot 1200 cc): George Booker, KTM RC8, 20e algeheel, 4,58 l/100 km; Klas E (sport-toerfietse): Dave Adam, BMW 1300GT, 22e algeheel, 4,78 l/100 km; Klas H (avontuurfietse 1001 cc en groter): Kevin Martens, BMW R1200GS, 23e algeheel, 4,81 l/100 km; Klas K (tweesitplek-fietse 1201 cc en above): Lawrence en Emmery Meintjies, BMW K1300S, 25e algeheel, 4,93 l/100 km; Klas I (padryfietse): Doug Moss, Triumph, 27e algeheel, 4,99 l/100 km; Klas M (omgeboude fietse): Daan Hugo en sy passasier Glenda, Kawasaki 22R1200, 32e algeheel, 5,22 l/100 km; Klas L (motorfietse ouer as 10 jaar): Tobie Beetge, BMW R1150GS, 42e algeheel, 5,78 l/100 km.

Clive Strugnell, wat aan al 29 motorfiets-besparingsritte deelgeneem het, het net 44 sekondes ná die wegspring van sy Suzuki SV1000 af geval en het die Bertus Luus-gedenktrofee vir goeie sportmanskap ontvang.

Ander ontvangers van spesiale toekennings was Dianne du Ren (die eerste vroueryer) en Charl Krebs (eerste nuweling).

Jerry Paice, ’n gereelde jaer in die Total-tydrenkampioenskap vir blinde navigators, was 35e algeheel op ’n Kymco Xciting-bromponie met die blinde navigator Bonita Blankenberg as passasier.

Kristene Smuts, wat in 2009 geskiedenis gemaak het toe sy die eerste vrou geword het wat die byeenkoms gewen het, het die amper ’n tweede keer gemaak, maar sy het ’n afdraai in Middelburg gemis wat haar ’n boete van 16,5 liter op die hals gehaal het. Sy was uiteindelik 44e uit die 53 ryers en het op ’n BMW 650F gery.

bydrae: Charmaine Fortune

Lewer kommentaar

Leave a Reply