Hy is ongeveer 25 jaar gelede in Kroonstad gebore. ‘n Libra, in die jaar van die rot. Sy oupa was ‘n musikant en ‘n poet en kon enigiets speel van trekklavier tot blues harmonica. Jan self het egter grootgeword in ‘n konserwatiewe omgewing waar albei sy ouers sterk gekant was teen sy drome om musikant te word. Ten spyte daarvan het oupa Harry op sy agtste verjaarsdag vir hom sy eerste harmonica persent gegee en sy liefde vir musiek is gebore. Op laerskool het hy begin klavier speel en tot standerd sewe in die skool- en kerkkoor gesing. Na ‘n redelike stormagtige skoolloopbaan het Jan, nes sy pa en sy oupa voor hom, by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit. Dit was hier tydens sy basiese opleiding in Pretoria, waar hy sy eerste kitaar, Katie, gekoop het. Katie en Jan was van dag een af onafskeidbaar en al het hy nie ‘n clue gehad hoe om haar te speel nie, was hy vasberade om homself te leer. Sy girlfriend se pa, oom Dave (‘n die-hard hippie) het hom met pasnaweke gehelp met basic chords en ook sy harmonica-dors geles. Verder het oom Dave ook sy musiekkennis verbreed en hom bekend gestel aan die tunes van Stevie Ray Vaughn en Hendrix, wat ‘n groot indruk op die jonge Jan gemaak het.
In 1998 word hy gestasioneer by Lugmag Hoofkwartier en ‘n jaar later (by ‘n kerkkoorbyeenkoms) ontmoet Jan vir Joe. In Joe se garage is Demigods gebore. Dit was in die heyday van die ‘nuwe’ Tequila Sunrise in Hatfield – een van die min venues wat punk garage bands en die ander struggling produkte van die ‘nuwe generasie Afrikaners’ ‘n stage gebied het om hulle woede en hang-ups teen die wêreld uit te skree, uit te sing en even uit te dig. Demigods was quite ‘n sensasie en hulle het selfs ‘n redelike following opgebou – groupies en all! (meeste van hulle ex-girfriends en ou skool buddies, maar groupies none the less!). Behalwe vir Tequila Sunrise het hulle ook by koffiekroeë gegig en vir ‘n paar maande ‘n residensie by Café Euro gehad. ‘n Paar maande later raak Joe se meisie op onverklaarbare wyse swanger en moes hy Demigods ruil vir ‘n wreder job.
In 2000, ontmoet Jan vir André Kriel, ‘n kick-ass lead guitarist en deeltydse events manager. Die twee click soos ‘n Zippo en kort daarna word Ledd Eye gebore. Met André se ondervinding van die industrie en Jan se vocals en songs, kombineer hulle blues en folk en gee dit ‘n Latino ‘twang’. Die eindproduk: Afrikaans soos dit nog nooit gehoor is nie! Ledd Eye het gegig net waar hulle kon – van sports bars in die suburbs tot by die Bushbuck Inn in Cullinan en selfs ‘n hele paar klein festivals soos Jack Daniel’s en Lady Luck in Springs. Tydens die Hatfield Rock Fest 2000 wen hulle ‘n demo record deal gesponsor deur S.A. Music Week en vroeg in 2001 wen hulle ook die Up the Creek Battle of the Bands.
In 2002 join Kokkie (bongo player en klanktegnologie-student) die band en hulle verander hulle naam na Duin 7. Gedurende die eerste vier maande van Duin 7 se bestaan, speel hulle by 36 verskillende venues teen ‘n gemiddeld van 4 gigs per week, onder andere by Concert in the Park en Bone Dance in Springs, Up the Creek, Afrikaans Kan Dans by Revel Inn, Oppiplotti en Hatfield Up & Coming Bands Fest 2002. Hulle het ook vir 4 maande ‘n residensie by Sidewalk Café se Sunday Blues Cruise gehad en was ook die Pretoria Bikers’ Assosiation se house band vir hulle private parties en benefit concerts.
Die jaar 2003 is egter ‘n nuwe jaar met new beginnings vir almal. Jan Blom het besluit om op sy eie aan te gaan en meer op sy Afrikaanse songs te konsentreer. Vroeg in die jaar nader die manne van Wildebeest Records vir Jan Blom en twee van sy songs verskyn op die versamelalbum Volk Jou Ook, maar onder sy vorige naam – George Harry.
Geïnspireer deur die vryheid binne hierdie bekende indie-label, word George Harry herdoop tot Jan Blom (en weer na Jan Blohm). Poetry met sterk bluesy, jazzy acoustic undertones is besig om konfessies te dwing in Melkstraat Studio en sy eerste vollengte album sal binnekort homself ontmasker.