“Breek jou mure van seer — of dit nou verlore liefde, gebreekte drome of verlore passie is. Die liedjie het ontstaan uit ’n pel se moeilike tyd, maar ek het myself daarin herken. Dis ’n herinnering dat vryheid joune is en dat hoop altyd vir jou wag — sodat die mure wat jou terughou, kan val.” So vertel die liedjieskrywer en sanger Shaun Tait oor sy nuwe enkelssnit — ’n kragtige terugkeer ná ’n lang stilte.

Met vars, moderne klanke en ’n diep egte boodskap van hoop en herstel, merk hierdie vrystelling Shaun se sogenaamde “uitbreek single” — ’n simboliese deurbreek uit stilte, pyn en wagtyd. Dit is nie net ’n nuwe lied nie, maar ’n verklaring: ’n stem wat weer opstaan, ’n kunstenaar wat weer kies om gehoor te word. Hierdie enkelssnit is ’n kreet van hoop — nie net vir homself nie, maar vir almal wat al gevoel het hulle sit vas agter onsigbare mure.

Musikant en liedjieskrywer Shaun Tait is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Sy loopbaan het reeds vroeg momentum gekry toe hy as 14-jarige (2007) die televisiekompetisie “Supersterre” gewen het — en daarmee geskiedenis gemaak het as die jongste wenner ooit. Kort daarna het hy nóg ’n mylpaal bereik toe sy debuutalbum binne minder as ’n maand Goue status verwerf het. Nou 33 jaar oud, en met 25 jaar se ervaring in die musiekbedryf, bring Shaun ’n ryker, dieper perspektief na sy musiek. Ná ’n tyd van stilte, selfondersoek en groei, is hy vandag sterk geanker in sy geloof en dryf hy ’n eerlike boodskap van hoop, vryheid en volharding.

Vir 2026 besluit Shaun om weer voluit vir musiek te kies — nie uit druk nie, maar uit roeping. Hy is trots om te bevestig dat nuwe musiek onderweg is, en dat hierdie nuwe hoofstuk gekenmerk word deur egtheid, volwassenheid en doelgerigtheid.Ten spyte van sy reis en suksesse bly Shaun steeds woonagtig in Brackenfell, Wes-Kaap — naby sy wortels, sy mense en sy storie.

Mure - Shaun Tait
Mure – Shaun Tait

Lewer kommentaar

Leave a Reply