Die immergewilde Pieter Koen is terug op die kassie in Desember vir twee baie spesiale uitsendings om jou spesiale musiekvideoversoeke aan jou geliefdes te speel in sy nuwe musiekversoekprogram, MusiekBox.

Die uitsendings van MusiekBox vind regstreeks plaas op 24 Desember en 31 Desember 2019. Die beste van alles is, dit is geheel en al verniet! Jy kan regstreeks saamkyk op BokTV of saamluister op Bok Radio op 98.9FM.

Op 24 Desember 2019 begin die regstreekse uitsending om 19:30 en Pieter kuier met Kersvader wat almal se Kersfeeswense en boodskappe gaan lees. Daar is ook ‘n heerlike speellys met Afrikaanse Kersliedjies om almal in die regte gees te kry vir die Feestyd! Kykers kan hulle versoeke instuur op sosiale media, of SMS na 39989, Whatsapp na 074 2000 989 of sommer net inbel na die ateljee op 0860 084 074.

Op 31 Desember 2019 begin die regstreekse uitsending om 21:30 en ons hou ‘n lekker Oujaarspaartie met ‘n vuurwarm speellys gevul met vrolike musiek. Kykers kan hulle versoeke instuur op sosiale media, of SMS na 39989, Whatsapp na 074 2000 989 of sommer net inbel na die ateljee op 0860 084 074. Ons tel regstreeks saam met Pieter die Oujaar uit.

MusiekBox is terloops ook dan tans die enigste program wat ‘n regstreekse aftelling van die Oujaar doen in Suid-Afrika!

SPEELLYS 24 DES 2019:
1. Pieter Koen & Amor Vittone – Ons Liefde is soos Kersfees
2. Lianie May – Sneeuman
3. Afrikaans Herlaai – Somerkersfees
4. Nicholis Louw – Jesus gaan verjaar
5. Kurt Darren – Slaap my kind
6. Jak de Priester – Kersfees in Kaapstad
7. Kevin Leo & Jakkie Louw – Kom alle getroues
8. Die Broers – Bethlehem Stêr
9. Die Campbells – Jannie Jattie
10. Die Heuwels Fantasties – Pille vir Kersfees
11. Simeon – Dis Kersfees vir My
12. Shine 4 – Nou’s dit kersfees
13. Kersfees Bekoor – Stille Nag|
14. Verskeie kunstenaars – Kersfees regoor die wêreld
15. Chanell van der Bergh – Kersfees Vader
16. Dozi – Krismis Liggies
17. Hi5 – Die Geskenk
18. David Fourie & Amanda Luyt – Kerfees keurspel
19. Johan C Venter – Daarom vier ons Kersfees
20. Verskeie kunstenaars – Bokradio Kerstyd Musiekvideo

SPEELLYS 31 DES 2019:
1. Kurt Darren – Sexy
2. 4Werke – Bietjie Meer Van Jou
3. Jay & Lianie – Da Vat Hy
4. Pieter Koen – Boobs boude bene
5. Dirk van der Westhuizen – Sexy vi my
6. Fatman – Dorp toe
7. Theuns Jordaan & Juanita du Plessis – Hart vol drome
8. Danny Smoke – Jou Lippe
9. Bok van Blerk & Appel – Wys my jou lemoene
10. Brendan Peyper – Jy laat dit maklik lyk
11. Pieter Smith – Stukkie van der Merwe
12. Ricus Nel & Snotkop – Boerepompie
13. Karlien van Jaarsveld – Geskeurde Jeans
14. Gerhard Steyn – Afrikaanse Meisies
15. Juan Boucher – Hoe weet jy wie ek is
16. Biggy – Dames
17. Early B- Potte
18. Heuwels Fantasties – Beloofde Land
19. Klipwerf Orkes – Wie se kind is jy
20. Ray Dylan – Warm Girls en Koue Bier
21. Elandre – Vuur op die water
22. Posduif – Laat val die water
23. Appel – Nonna
24. Deon Groot – Wyn
25. Jan Raap – Ramskilpad
26. Andries Vermeulen – Lospit Lolla
27. Frikkie – Visgat
28. Jan Jan Jan – Wys Jou Vleis
29. Snotkop – Pens en Pootjies
30. Shine4 – So elektries

Pieter Koen

Lewer kommentaar

Leave a Reply