Plakboek

Hulle is volksbesit, loop die pad al lank en die vier seisoene lê in hul stemme opgesluit.

Nou, vir die eerste keer, kom Laurika Rauch en Amanda Strydom bymekaar en maak ‘n plakboek – ‘n Klankplakboek, ‘n onthouplakboek, ‘n nostalgiese plakboek met die liedjies wat die afgelope aantal jare sinoniem met hulle geword het. Beide is interpreteerders van die woord, beide het passie in gemeen hoewel hulle verskil in vele opsigte, soos pinotage en merlot. Hulle vertolk saam hulle liedjies asook die van die groot geeste soos Hennie Aucamp, David Kramer en Jacques Brel. Voeg hierby die musikale insette van Janine Neethling en Peter McLea en hierdie plakboek word ‘n lewende testament van bykans dertig jaar se passie vir die woord, die lied en die lewe. In Plakboek wil Rauch en Strydom die kern van hul werk ten toon stel – in gestroopte eenvoud, met die mag van musiek.

Die produksie was by 2005 se KKNK uitverkoop en is genomineer vir die Kanna toekenning vir beste Musiek Teaterstuk. Vir Rauch en Strydom bewonderaars wat hierdie juweel by die KKNK misgeloop het, is die speelvak by Caesars Gauteng ‘n gulde geleentheid om te deel daarin.

Lewer kommentaar

Leave a Reply