Searching for Sugar Man

Searching vir Sugar Man
Roekeloos

Searching vir Sugar Man volg twee Suid-Afrikaners in hul soeke na die waarheid agter die stories oor die Amerikaanse musikant Sixto Rodriguez, ‘n legende in Suid-Afrika.

Een mening wat opduik in die film is dat Rodriguez dalk so groot soos Bob Dylan kon wees. Dalk ‘n oordrywing, maar dit gaan mens te bowe oor hoe hy net in die niet kon verdwyn.

Rodriguez se twee albums, Cold Fact en Coming from reality, was beide flops en sy platemaatskappy het besluit om hom te laat gaan. Dié arm Detroit kunstenaar van Mexikaan-Amerikaanse oorsprong was egter onbewus daarvan dat hy ‘n sensasie was in Suid-Afrika en dat sy musiek soos soetkoek verkoop het. Sy musiek volksbesit geword en sy liedjies is gedreunsing. Natuurlik weet geen platemaatskappy wat van die geld geword het nie.

Die twee Suid-Afrikaners begin ‘n reis om meer uit te vind oor hul held en gebruik leidrade uit sy lirieke hiervoor. Dit is jouwaarlik ‘n uitsonderlike reis, die begin van ‘n storie wat nog nie sy laaste hoofstuk gesien het nie. ‘n Storie wat snot en trane in sy spoor laat en baie respek vir Rodriquez inboesem.

Searching for Sugar Man
Searching for Sugar Man
Searching for Sugar Man is dié week vir ‘n Bafta-toekenning benoem. Dit het ook die Gehoortoekenning en Spesiale Jurieprys gewen by die 2012 Sundance Filmfees. Beslis een van 2012 se beste dokumentêre films en ‘n opkikker as jy voel die wêreld is ‘n hopelose plek.

Regisseur: Malik Bendjelloul

4 / 5

PS Ook benoem vir ‘n Oscar in 2013.

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply