Die Stellenbosch Craft Bierfees (SCBF) is twee-jaarlikse byeenkoms in die prentjiemooi Jan Marais Natuurreservaat in Stellenbosch. Dié gesellige fees is al `n tradisie in Stellenbosch en bestaan hoofsaaklik uit `n kombinasie van die nuutste en gewildste craft (handwerk) biere, asook `n verskeidenheid kosstalletjies en heeldag musiek-vermaak.
SCBF organiseerder Dirkie van der Merwe, vertel dat hulle uitsien daarna om vanjaar die fees weer te kan aanbied: “Mens kan amper nie glo dat mens verlede jaar omtrent nie eers bier mag gedrink het nie! Ons doen baie moeite met die fees om seker te maak dat almal `n fantastiese dag met net die heel beste brouerye onder die 200-jaar oue dennebome in die park sal geniet!”
SCBF skep `n platform vir gewilde asook opwindende nuwe handelsmerke om hul spesiale brousels aan te bied. Die craft- bier (handwerkbier) ervaring het mikrobrouery en mikrodistillering die afgelope paar jaar na `n nuwe vlak geneem. Nou sien mens ook die opkoms van handwerk-jenewer, asook agave- gebaseerde rum ensovoorts. Daar sal ook hiervan op die dag beskikbaar wees. Vanjaar sal daar ook vir die eerste keer `n nie-alkoholiese kelkiekroeg aangebied word met `n verskeidenheid vars sap-gebaseerde drankies. Van der Merwe sê: “Daar is iets van alles! Die Stellenbosch Craft Bierfees is geskik vir die hele gesin. Bring familie en vriende en kom en geniet alles wat hierdie besonderse fees bied.”
Die hekke maak 5 Maart 2022 om 11h00 oop. Kaartjies is beskikbaar by Quicket. Feesgangers kan by die hoofingang van die Jan Marais reservaat toegang tot die feesperseel kry en daar is genoeg parkeerplek aan die Merriman laan kant van die park. Daar is genoeg sitplekke en skaduwee – mense kan wel ook hul eie kampstoele, komberse en sambrele bring. Die musiek-vermaak is vanaf 12h00 tot 19h00.
Vir meer inligting en nuutste verwikkelinge volg SCBF op hul Facebook blad: Stellenbosch Craft Beer Festival | Facebook
Kontak vir meer inligting: hello@dpk.co.za
KAARTJIES:
Aanlyn via Quicket:
Volwasse kaartjie sluit bierglas in: R140
Volwasse kaartjie sluit plastiek-koppie in: R120
Kinders 12-17: R70
Kinders onder 7: Gratis – daar is ook `n kinder-speelarea.
R150 by die hek op dag van fees – geen koppies of glase ingesluit.
Nota: R5 fooi word gevra op aanlynkaartjieverkope.

