Corné Pretorius het vroeg in 2021 die trefferliedjie “Biertjies” saam met Die Heuwels Fantasties en Ampie bekend gestel. Aanhangers is gaande oor dié lekker kuier-liedjie – en nou kan dinge tuis by die braaivleisvuur nog lekkerder raak, want daar word nou sommer `n heerlike bier dáárby saam bekend gestel.

Pretorius vertel: “Ons kan almal doen met `n bietjie pret en plesier. Dit was vir my `n groot eer om Biertjies saam met Die Heuwels en Ampie te kon opneem en uitreik – en om nou ook in `’n vennootskap met hulle te wees met ons eie Biertjies bier. Kom kuier saam met ons op 19 Februarie en wees van die eerste wat ons nuwe bier proe! Dit gaan `n groot partytjie wees!”

Pierre Greeff sê dat Die Heuwels Fantasties treffers van al 8 hul albums gaan jol en daar sal ook `n verrassing of twee wees. “Ons sien ook uit daarna om “Biertjies” saam met Corné en Ampie te doen, asook “Plekkie in die Son” saam met Early B. Check julle daar!”

Kry jou kaartjies vir die BIERTJIES BIER FEES hier:

https://www.howler.co.za/events/biertjies-bier-fees-9eb7

Nota: Kinders sonder 6 gratis toegang.

Die hekke maak 12h00 oop – die program lyk so:

Ampie 15h00.

Corné Pretorius – 16h15.

Die Heuwels Fantasties – 17h15.

Early B – 18h30.

Biertjies BierFees 2022

Lewer kommentaar

Leave a Reply