Met hulle nuwe album, Wild en Wakker, vat Ollie Viljoen en Valiant Swart weereens tradisionele musiek en sit ‘n spin-soos-min daarop.
In dié twee troebadoere se bekwame hande kry tradisionele musiek ‘n nuwe, parmantige veredos, en terselfdertyd slaag hulle ook daarin om ‘n aantal splinternuwe liedjies meesterlik in die tradisionele idioom uit te voer.
Bestaande tradisionele liedjies soos “Boegoe-Baba-Roksak” kry nuwe lewe, en met die skreeusnaakse “Die Wyntannies” asook “Kraaibraai” is Valiant op sy skerpsinnige beste. Met Wild en Wakker bewys hy homself boonop weereens as waarnemer en liriekskrywer van formaat.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)