As daar klein knoppies op die blare van jou suurlemoenboom of kerrieboom verskyn weet jy daar is sitrusbladvlooi. Verwyder al die aangetaste blare sodra jy dit die eerste keer opmerk en spuit die boom met die mengsel wat knoffel bevat wat vir plantluise aanbeveel word.
