***** *** ****** skryf: “EK IS NOG NIE OP HORMOON PILLE NIE, WEET NIE HOE OM MY DOKTER TE NADER NIE. DIT IS AL VIR 15 JAAR DAT EK SO LEEF, AS N TRANSEKSUEEL”
Antwoord: Jy sal ook vir ‘n sielkundige evaluasie moet gaan. Miskien wil jy hier begin en die sielkundige vra om jou na ‘n dokter te verwys. Geslagsverandering is ‘n lang proses en indien bestaan uit chirurgie en die formele verandering van jou persoonlike dokumentasie. Jy kan ‘n ondersteuningsgroep soek en begin raad vra by ander transeksuele persone of ‘n sielkundige opspoor wat hierin spesialiseer. Die volgende organisasie behoort jou van goeie hulp te voorsien: Gender DynamiX .
R**** skryf:
“Ek is transeksueel en wil meer weet oor geslagsveranderingoperasies. Kan hulle dit in Suid afrika doen en waar laat mens dit doen?”
Ben:
Ek is seker dit kan in Suid-Afrika gedoen word. Die plek om te begin is heel waarskynlik jou huisdokter. Vra hom/haar om jou te verwys.
Geslagsverandering word normaalweg voorafgegaan deur hormonale behandeling. Verder moet jy beslis vir berading gaan vooraf om seker te maak dat dit is wat jy wil hê.
Cobus:
In Suid-Afrika is slegs die verandering van man na vrou suksesvol.
